Meer oor Media24

Print

Media24 is Suid-Afrika se voorste uitgewer met belange in digitale media en –dienste, koerante, tydskrifte, e-handel, boekuitgewery, drukwese en verspreiding. Dit is deel van Naspers, ‘n multi-nasionale groep van media- en e-handelplatforms.

Ons doelwit:

Ons bou gemeenskappe deur uitstekende joernalistiek, slim tegnologie en innoverende dienste.

Só doen ons dit:

Ons vertel stories wat saak maak. Ons omskep data in insigte. Ons ontwerp oplossings wat werk.

Ons leuse:

Ons verryk lewens 24/7.

Ons waardes

Die kernwaardes wat Media24 se werkswyse inspireer, is moed, integriteit, verantwoordbaarheid en respek.

Die Media24-manier

Hierdie 7 optredes help ons om ons waardes uit te leef en dryf ons kultuur:

  • Ons is ‘n span
  • Ons stel ons klante eerste
  • Ons speel om te wen
  • Ons tree vinnig op
  • Ons neem net die bestes in diens
  • Ons leer heeltyd
  • Ons het pret

 

  1. 2011 – 2017

    News24 Edge-app was bekendgestel, 2017 | Media24 en The Huffington Post loods HuffPost SA, 2016 | Huisgenoot vier sy 100ste bestaansjaar, 2016 | Media24 stel baanbrekende nasionale digitaal-eerste Afrikaanse nuuskantoor, Netwerk24 bekend, 2016 | Media24 loods VIA, die eerste Afrikaanse leefstyl TV-kanaal in Suid-Afrika, 2015 | 24.com verwyder die kommentaarafdelings op al sy webtuistes buiten Netwerk24, 2015 | Naspers en Die Burger vier sy 100ste bestaansjaar, 2015 | 24.com loods News24Wire nadat Sapa sluit, 2015 | Novus Holdings Beperk, voorheen die Paarl Media-groep, noteer op die JSE, 2015 | Netwerk24 loods met die saamvoeging van voortreflike inhoud uit Beeld, Die Burger, Volksblad en Rapport op ’n enkele Afrikaanse nuuswerf, 2014 | spree.co.za word bekend gestel en word vinnig die gewildste e-modewinkel in Suid-Afrika, 2013 | Prof Rachel Jafta word aangestel as voorsitter van Media24, 2013 | News24 loods Izindaba24, die eerste isiZulu-nuusdiens in Suid-Afrika, 2012 | News24 loods MyNews24, die eerste nuusgerigte platform met gebruikergeskepte inhoud in Suid-Afrika, 2012 | The Natal Witness word ’n volfiliaal van Media24, 2012 | Esmaré Weideman word aangestel as uitvoerende hoof van Media24, 2011

  2. 2001 – 2010

    City Press vier sy 25ste bestaansjaar, 2008 | Media24 verhoog sy belang in Paarl Media Beherend tot 94,7%, 2007 | Son, ’n Afrikaanse poniekoerant, verskyn as dagblad, 2006 | 24.com word gestig na die samesmelting van Media24 se digitale afdeling en MWEB Studios, 2006 | Welkom Yizani, Media24 se breedgebaseerde swart ekonomiese bemagtigingskema, word geloods. Dit bly die grootste SEB-aandeelaanbod in die Suid-Afrika drukmediabedryf, 2006| Daily Sun word bekend gestel met ’n sangoma, wat ook ’n verslaggewer is, wat towerspreuke en gebede aan die voorvadergeeste opdra, 2002 | On the Dot, Media24 se logistieke en verspreidingsafdeling, word gestig, 2000 | Media24 se drukperse word onder die vaandel van Paarl Media herorganiseer, 2000 | Media24 verkry ’n 74%-belang in Soccer-Laduma, die grootste aktiewe sokkergemeenskap in Suid-Afrika, 2000 | Media24 word gestig toe Naspers sy nuus- en drukmedia-ondernemings onder die Media24-handelsmerk herstruktureer, 2000

  3. 1991 – 2000

    News24 word bekend gestel en word vinnig die voorste aanlyn-nuusbron in Suid-Afrika, 1998 | Media24 is die stigtersborg van die Klein Karoo Nasionale Kunstefees (KKNK), 1995 | Die Oos-Kaapse koerant Oosterlig word by Die Burger ingelyf, 1993 | Jonathan Ball Publishers, voorste uitgewer en verspreider van Engelse boeke in Suid-Afrika, word verkry, 1991

  4. 1981 – 1990

    Leisure Hour (nou Leisure Books) word gestig, 1982; City Press en die twee tydskrifte Drum en True Love (& Family, soos dit toe bekend was) word verkry, 1984 | Die Afrikaanse finansiële tydskrif Finansies & Tegniek sien die lig, 1985 | Die maatskappy neem JL Van Schaik Uitgewers oor en Van Schaik Boekhandel word die jaar daarna gestig, 1986 | Die tydskrif YOU word geloods nadat marknavorsing getoon het dat daar ’n geleentheid vir ’n Engelse Huisgenoot bestaan, 1987

  5. 1971 – 1980

    Die Afrikaanse boekklub Leserskring word gestig, 1979 | Human & Rousseau Uitgewers word verkry, 1978 | Beeld se eerste uitgawe verskyn, 1974 | Via Afrika, ’n opvoedkundige uitgewer, word op die been gebring, 1970 | Die Sondagkoerante Beeld en Dagbreek smelt saam en word Rapport, 1970

  6. 1961 – 1970

    Die eerste Sondagkoerant, Die Beeld, word uitgegee, 1965 | FAIRLADY word as die eerste kommersiële Engelse titel in die groep onder redakteurskap van Jane Raphaely uitgegee, 1965 | Nasou, uitgewer van opvoedkundige boeke, word gestig, 1963

  7. 1951 – 1960

    Tafelberg Uitgewers word verkry, 1959 | Nasionale Boekhandel word gestig, 1950

  8. 1941 – 1950

    Die tydskrif SARIE word geloods, 1949

  9. 1931 – 1940

    Die Oos-Kaapse dagblad Oosterlig word bekend gestel, 1937

  10. 1921 – 1930

    Die Volksblad, voorheen ’n weeklikse koerant, word ’n dagblad, 1925 | Die maatskappy gee sy eerste boek in ’n inheemse taal uit, isiXhosa, 1922

  11. 1915 – 1920

    Landbouw-weekblad (nou Landbouweekblad) word in Bloemfontein bekend gestel, 1919 | Die maatskappy gee sy eerste Engelse boek uit – Republicans and Sinners deur CJ Langenhoven, 1919 | De Burger Boekhandel en De Burger Leeskring word op die been gebring en lê die grondslag vir boekuitgewery, 1918 | Het Volksblad word verkry en verander sy naam na Die Volksblad (nou Volksblad), 1917 | De Huisgenoot (nou Huisgenoot) word vir die eerste keer uitgegee, 1916 | De Burger (nou Die Burger) verskyn die eerste keer, 1915 | Nasionale Pers word in die lewe geroep, 1915