Bobby en Karlien: In jou skoene | Só kan jy ook help

10 Januarie 2017

Op die werklikheidsreeks Bobby en Karlien: In jou skoene wat Woensdag 11 Januarie om 20:00 op VIA (DStv-kanaal 147) begin, moet Suid Afrika se bekendste broer en suster, Bobby en Karlien van Jaarsveld, in elke episode hul bekende lewe agterlaat. Die volgende 48 uur moet hulle dan deurbring in iemand se wêreld wat hemelsbreed van hulle s’n verskil. Dié boet en sus se emosionele avonture gaan nie altyd net daaroor om in ander se skoene stap nie, maar ook om ’n verskil aan mense se lewe te maak. En VIA se kykers kan ook help.

Met Candystick, die Suid-Afrikaanse digitale en sosiale platform vir geldinsameling, kan kykers geld skenk aan van die sake wat op Bobby en Karlien: In jou skoene verskyn en so ook ’n verskil maak. Hier is die vyf sake uit die eerste seisoen van Bobby en Karlien: In jou skoene wat met geldinsamelingsveldtogte deur Candystick gepaard gaan:
• In episode 1 wat op 11 Januarie uitgesaai word, word kykers genooi om die kinders van die Abraham Krielkinderhuis
te help.
• In episode 3 (25 Januarie) word inwoners van die woonbuurt Elandspoort naby Danville besoek. Kykers kan ’n
bydrae aan dié gemeenskap lewer deur via Candystick skenkings maak aan die Hanna-liefdadigheidstigting, ’n
organisasie wat hom beywer vir die belange van Suid-Afrikaners wat in armoede leef.
• In episode 5 (8 Februarie) ontmoet ons die inspirerende polisieman Andries Douglas wat die mense van Ceres
sy missie gemaak het. Kykers sal ’n geleentheid kry om dié superheld te help.
• In episode 8 (1 Maart) kan kykers saam met Bobby die stryd teen renosterstropery help stryg deur ’n bydrae aan
die Stop Rhino Poaching-organisasie te maak.
• In episode 10 (15 Maart) leer ken ons dr. Liana Roodt van die Groote Schuur-hospitaal en haar Project Flamingo
wat vroue met borskanker ’n tweede kans gee.

Om ’n bydrae te lewer aan een van dié sake gaan eenvoudig na candystick.co.za. ’n Moneybox vir een van die sake wat op Bobby en Karlien: In jou skoene verskyn het, sal prominent op die tuisblad vertoon. Deur op die relevante Moneybox te klik en dan weer op “Contribute” te klik, word jy na ’n betalingsblad geneem waar jy jou betalingsmetode – per elektroniese geldoorplasing of met jou kredietkaart – sowel as die hoeveelheid wat jy wil bydra, kan bepaal.

Bobby en Karlien: In jou skoene begin 11 Januarie om 20:00 met ’n spesiale 90 minuut lange superepisode wat op Sondag 15 Januarie om 18:00 weer uitgesaai word. Daarna word uur lange episodes elke Woensdag om 20:30 uitgesaai met ’n heruitsending die Sondag daarna om 18:30.

Programroosters vir VIA is in Afrikaanse koerante, Huisgenoot, tvplus en op viatv.co.za en dstv.com beskikbaar. Volg VIA TV op Facebook en @viatv op Twitter om op hoogte te bly met al die nuutste verwikkelinge.

VIA is gemik op Afrikaanse gesinne en wentel om kos, styl en verhoudings.

Vir nog besonderhede oor die programme of aanbieders, kontak Robert Kaden by robert.kaden@media24.com of besoek viatv.co.za.