Business Insider na Suid-Afrika

7 Desember 2017

Baanbrekende nuushandelsmerk vir “die volgende generasie sakeleiers” brei verder internasionaal uit

Business Insider en Media24 het vandag ’n Suid-Afrikaanse weergawe van Business Insider aangekondig. Dié innoverende digitale sakepublikasie word in Februarie 2018 hier bekendgestel.

Henry Blodget, uitvoerende hoof en redaksionele redakteur van Business Insider Inc, het gesê: “Dit gee ons groot plesier om Business Insider South Africa as ons jongste internasionale webwerf bekend te stel. Media24 het ’n grondige begrip van sakemedia – en die digitale ruimte – en is dus die perfekte vennoot om Business Insider se baanbrekende styl van sakenuusdekking na Suid-Afrika te bring.”

Andreij Horn, uitvoerende hoof van 24.com, het gesê: “Business Insider is die ideale vennoot om ons nuusdekking oor tegnologie, innovasie en besigheid te verryk aan die sy van Fin24, die land se grootste finansiële publikasie. Bykomend tot BI se top-aktuele dekking van internasionale gebeure en markte sal ons plaaslike span joernaliste sake-innovering op eie bodem dek en die persoonlikhede agter Suid-Afrika se suksesvolle maatskappy en handelsmerke belig.”

Business Insider volg ‘n “digital-native” benadering tot sakenuus en bring deurentydse dekking aan lesers en kykers waar hulle ook al digitale inhoud verbruik. Business Insider se nuuskantoor en tegnologie is gebou op ’n platform wat gepasmaak is vir sosiale media en slimfone. Die redaksionele styl is vars en saaklik en in pas met ’n tegnoslim en gesofistikeerde internasionale sakegehoor.