David Hay aangestel as hoof van verkope by Leefstyl

7 Desember 2016

Die advertensie-ghoeroe David Hay is as hoofbestuurder: Sentrale Verkope van die Leefstyl-afdeling aangestel. Hy neem op 1 Januarie by Craig Nicholson oor.

David het sy media-loopbaan in 2001 by Beeld se advertensieafdeling afgeskop. Drie jaar later is hy by die destydse Gesinstydskrifte aangestel as kliëntebestuurder vir die weeklikse publikasies Huisgenoot, YOU en DRUM. Hy is in 2007 bevorder tot verkoopsbestuurder by die reistitels (Weg!/go!, Wegsleep en Wegry/Driveout). Twee jaar later het hy by Touchline Media aangesluit as nasionale advertensiebestuurder van Men’s Health. Hy is in 2009 weg by Media24, maar binne twee jaar was hy terug. Hy het sedertdien verskeie bestuursrolle by Media24 vervul. Ons wens hom alle sukses in sy nuwe pos toe.