Die Huffington Post SA se hoofredakteur bedank

22 April 2017

Andreij Horn, hoof: 24.com, het die maatskappy se besluit bekendgemaak om die bedanking van Verashni Pillay as hoofredakteur van The Huffington Post SA te aanvaar. Har bedanking volg direk op die vrystelling vroeër vandag van die pers ombudsman se bevindinge dat ‘n opiniestuk wat die webwerf gepubliseer het “kwaadwillig” en “diskriminerend” was.

Horn sê die webwerf se redaksionele beheer is hertoegewys: “Met onmiddelike effek neem Ferial Haffejee, die Huffington Post SA se oorkoepelende redakteur, en Pieter du Toit, adjunk-redakteur, die redaksionele bestuur oor totdat ons ‘n nuwe redakteur aangestel het. Ons het die volste vertroue in hul vermoë om die webwerf te stuur deur sowel die veranderinge wat ons intern maak om die goed aan te spreek wat dié situasie in die eerste plek moontlik gemaak het, as die impak wat dit om die gemeenskap in die breë, die maatskappy en die personeel gehad het.”

Pillay het gesê: “Ek respekteer die kantoor van die persombudsman en het besluit om my bedanking aan te bied. Baie dankie aan Media24 vir hierdie geleentheid en alles van die beste vorentoe vir die span van The Huffington Post SA.”