• Rachel Jafta Download High-Res Media

    Rachel Jafta

    Rachel, MEcon en PhD, is ’n professor in ekonomie aan die Universiteit Stellenbosch. Sy het in 2003 as ’n direkteur by Naspers aangesluit en is in 2007 as ’n direkteur van Media24 aangestel. Sy is ’n direkteur van Econex, voorsitter van die Kaapstad Karnavaltrust en ’n lid van die bestuurskomitee van die Buro vir Ekonomiese Ondersoek aan die Universiteit Stellenbosch. Sy is in April 2013 as voorsitter van die Media24-direksie aangestel.

    Rachel Jafta

  • Esmaré Weideman Download High-Res Media

    Esmaré Weideman

    Esmaré het die kwalifikasies BCom en BJoernalistiekHons (beide cum laude) aan die Universiteit Stellenbosch verwerf. Sy het meer as 25 jaar ervaring as joernalis, politieke beriggewer, nuusredakteur en redakteur by van die land se voorste publikasies. Sy was hoofredakteur van Media24 se vlagskipweekblaaie Huisgenoot, YOU en DRUM voordat sy in 2011 as uitvoerende hoof van Media24 aangestel is. Sy is ’n direkteur van Novus Holdings Beperk.

    Esmaré Weideman

  • Ruda Landman

    Ruda Landman

    Ruda het ’n BAHons en HOD aan die Universiteit Stellenbosch verwerf en 30 jaar lank as ’n joernalis gewerk – 19 jaar as medeaanbieder van die M-Net-program Carte Blanche. Sedert 2007 doen sy vryskutwerk in die kommunikasie- en mediabedryf. Sy het in 2011 ’n eredoktorsgraad van die Universiteit Stellenbosch ontvang vir haar werk as joernalis.

    Ruda Landman

  • Salie de Swardt

    Salie de Swardt

    Salie het die kwalifikasies BAHons en BEcon aan die Universiteit Stellenbosch verwerf en was ’n Nieman-genoot aan Harvard-universiteit. Gedurende sy loopbaan by Naspers was hy finansiële redakteur en redakteur van Beeld. Hy was ook die stigtersredakteur van Finansies & Tegniek (nou FinWeek), uitvoerende hoof van Media24 Tydskrifte en besturende direkteur van Media24 vanaf 2000 tot met sy aftrede in 2005.

    Salie de Swardt

  • Debra Meyer

    Debra Meyer

    Debra is ’n professor in biochemie en uitvoerende dekaan van die fakulteit natuurwetenskappe aan die Universiteit van Johannesburg. Sy was ’n Fulbright-beurshouer aan die universiteit van Kalifornië, Davis, waar sy ’n PhD-graad in biochemie en molekulêre biologie verwerf het. Sy het modules in mediastrategie en akademiese leierskap by Harvard en GIBS (die Universiteit van Pretoria se sakeskool) voltooi. Sy dien as trustee of raadslid in verskeie organisasies.

    Debra Meyer

  • Trevor Petersen

    Trevor Petersen

    Trevor is ’n geoktrooieerde rekenmeester met meer as 30 jaar ondervinding. Hy het in 1987 die graad BComHons in finansiële bestuur aan die Universiteit van Kaapstad verwerf. Hy was ’n uitvoerende vennoot by PricewaterhouseCoopers Geïnk. en dien tans in die direksies van Mediclinic International PLC, die genoteerde mynmaatskappy Petmin Beperk en ’n aantal ander maatskappye.

    Trevor Petersen

  • Hein Willemse

    Hein Willemse

    Hein het die grade BAHons (cum laude), MA (cum laude), MBL en DLitt verwerf. Hy is tans letterkundeprofessor in die departement Afrikaans aan die Universiteit van Pretoria. Hy dien in verskeie nasionale en internasionale vakverenigings en gemeenskapsorganisasies.

    Hein Willemse

  • Jo-Ann Held (née Strauss)

    Jo-Ann Held (née Strauss)

    Jo-Ann het die graad BComRegte aan die Universiteit Stellenbosch verwerf. Sy is ’n media-entrepreneur wat onder meer haar eie spitstydtelevisieprogram, Glambition, vervaardig en aangebied het en sy is ’n glansambassadeur vir Unicef. Sy het verskeie ondernemings en is ’n direkteur van Partnership Investments, die Wes-Kaapse Raad van Ubuntu Botho (deel van Sanlam), en dien in die adviesraad van die Universiteit Stellenbosch se sakeskool en die direksie van M&C Saatchi Abel.

    Jo-Ann Held (née Strauss)

  • Koos Bekker

    Koos Bekker

    Koos het die span gelei wat die betaaltelevisie-onderneming M-Net/MultiChoice in 1985 gestig het en was ook ’n stigter van MTN. Koos het die MIH-groep in sy internasionale uitbreiding en toetrede tot die internet aangevoer tot in 1997, toe hy uitvoerende hoof van Naspers geword het. Hy het op 31 Maart 2014 as uitvoerende hoof van Naspers afgetree en uit die direksie getree. Op 17 April 2015 is hy weer in Naspers se direksie as nieuitvoerende voorsitter, as Ton Vosloo se opvolger, aangestel. Sy kwalifikasies sluit BAHons en ’n eredoktorsgraad in handel aan die Universiteit Stellenbosch in, asook LLB (Wits) en MBA aan die Columbia-universiteit in New York.

    Koos Bekker

  • Cindy Hess

    Cindy Hess

    Cindy Hess

  • Manie Mayman

    Manie Mayman

    Manie is ’n geoktrooieerde rekenmeester en het die grade BComptRekHons en BComHons (finansiële bestuur) deur Unisa verwerf. Hy is ’n voormalige finansiële direkteur van BP Suider- Afrika Eiendoms Beperk. Hy is in Januarie 2014 aangestel as die Media24-direkteur verantwoordelik vir die finansiële funksie.

    Manie Mayman