Drukwerk

Media24 het ’n meerderheidsaandeel in die Paarl Media Groep – een van die grootste kommersiële drukkersondernemings in Suid-Afrika. Hierdie landwye en veelsydige groep het tien gespesialiseerde drukkersaanlegte wat ’n omvattende verskeidenheid drukfasiliteite bied. Die nasionale netwerk – wat aanlegte in Kaapstad, Johannesburg, Durban, Paarl, Bloemfontein en Port Elizabeth het – beskik oor die vermoë om op identiese platforms op verskillende plekke te druk. Só kan produkte kostedoeltreffend en in die vinnigste moontlike tyd oral in die land by die kliënt se voordeur afgelewer word.