Media24 Koerante

Media24 Koerante publiseer amper 60 titels en ongeveer 341,8 miljoen koerante jaarliks. Baie van dié titels is leiers in hul onderskeie markte, soos Suid-Afrika se bes verkopende daaglikse koerant, Daily Sun, wat spog met ’n leserstal van 3,8 miljoen. Met ’n daaglikse sirkulasie van omtrent 800 000, sorg Media24 se dagblaaie vir ’n groot persentasie van die nasionale koerantsirkulasiesyfers. Die weeklikse stedelike koerante het ’n sterk markpenetrasie en ’n sirkulasie van sowat1,4 miljoen per week, terwyl die gemeenskapskoerante se sirkulasie neerkom op ongeveer 1,3 miljoen per week. Die koerante word by verskeie drukperse in sewe stede gedruk, en landwyd versprei via verskeie groepdistribusiekanale. Die besigheidseenheid Ads24 is verantwoordelik vir die bemarking en verkoop van nasionale koerantadvertensies, asook navorsing en bemarkingsdienste.

Ads24

Sentrale Koerante

Oos-Kaapse Koerante

KwaZulu-Natal Koerante

Noordelike Koerante

WP Koerante

Afrikaanse Titels

Engelse Titels