Elke Sondag bied Rapport sy lesers:
- Nuus: Rapport is aan die voorpunt van nuusberiggewing en nuusberigontleding onder koerante in Suid-Afrika. Ook op die gebied van sosiale en politieke kommentaar boei die koerant met 'n span toonaangewende skrywers.
- Sport: Rapport bied 'n afsonderlike en opwindende sportkoerant wat die jongste wedstrydverslae, vooruitskattings en agtergrondnuus deur topskrywers oor sportsoorte soos rugby, krieket, atletiek, gholf, perderesies en vele meer bied.
- Diepte- en ontledende artikels: Onderhoude met nuusmakers en interessante mense verskyn op die perspektiefblaaie van Rapport. Gereelde rubriekskrywers sluit in Jakes Gerwel en Koos Kombuis.
- Sake: Die week in die ekonomiese wreld plaaslik en internasionaal word weergegee in 'n uitgebreide sakekoerant. Daarin word ook aandag gegee aan persoonlike finansies, tegnologie, gereelde fokusse en bylaes wat die soeklig laat val op spesifieke sakegebiede en maatskappye.
- Tydskrif: Die glansdeel van Rapport bied bladsye vol nuus en onderhoude oor die glanswreld van vermaak in Suid-Afrika en oorsee. Tydskrif publiseer weekliks 'n volledige TV-skedule en bied ook rubrieke oor onderwerpe soos kos, musiek en vermaak, asook wedstryde met weeklikse kontantpryse.
Kontak ons
Posisie: Redakteur
Naam: Bokkie Gerber
Telefoon: +27 (0)11 713 9628
E-pos: Hierdie e-pos adres is teen spambotte beskerm, jy moet JavaSkrip op jou webblaaier ontsper om dit te kan sien
Posisie: Snr Advertensiebestuurder
Naam: Maxine van der Vyver
Telefoon: +27 (0)11 713 9504
E-pos: Hierdie e-pos adres is teen spambotte beskerm, jy moet JavaSkrip op jou webblaaier ontsper om dit te kan sien
Posisie: Bemarkingsbestuurder
Naam: Cathy Pestana
Telefoon: +27 (0)11 713 9564
E-pos: Hierdie e-pos adres is teen spambotte beskerm, jy moet JavaSkrip op jou webblaaier ontsper om dit te kan sien






