Die koerant is 'n gereelde wenner by die jaarlikse Sanlam Gemeenskapspers-toekennings en word hoog geag deur lesers en die koerantbedryf self. Hulle is ook 'n gesogte keuse van adverteerders wat die wyer Helderberg-gebied wil bereik, en die groot getal bladsye wat ons elke week uitgee — 'n gemiddeld van 76 — spreek van ons gewildheid by adverteerders. Die inhoud dek 'n wye reeks van onderwerpe, van harde nuus en vermaak, tot selfs tuinmaak, motors en visvang. Hulle beskik ook oor 'n baie suksesvolle besigheids- en eiendomsbylae met 'n gemiddeld van 36 bladsye per week. DistriksPos word elke Donderdag uitgegee.
Hul webwerf, www.helderberg.com, word ontwikkel as 'n ware poort tot die Helderberg-gemeenskap. Hierdie webwerf is nie net daarop gemik om die koerant se gewilde inhoud aanlyn beskikbaar te stel nie, maar is ook 'n nuttige hulpmiddel vir gebruikers om enige inligting wat hulle mag benodig oor die Helderberg te kry. Dit bied eindelose geleenthede vir besighede om ook in te skakel op 'n druk-besoekte webwerf met 'n internasionaal-bekende pleknaam. Die DistriksPos se span publiseer elke week ook die gratis koerant, HelderPos, wat ook van krag tot krag gaan. Net onder 30 000 kopie word elke Dinsdag in die Helderberg-gebied versprei. Watter mark jy ookal wil bereik, die DistriksPos sal jou daar kry!
Kontak ons
Posisie: Uitgewer
Naam: Barrie de Beer
Telefoon: +27 (0)21 841 4262
E-pos: Hierdie e-pos adres is teen spambotte beskerm, jy moet JavaSkrip op jou webblaaier ontsper om dit te kan sien
Posisie: Redakteur
Naam: Marli van Wyngaard
Telefoon: +27 (0)21 853 0211
E-pos: Hierdie e-pos adres is teen spambotte beskerm, jy moet JavaSkrip op jou webblaaier ontsper om dit te kan sien
Posisie: Advertensiebestuurder
Naam: Stefan Kolver
Telefoon: +27 (0)21 841 4284
E-pos: Hierdie e-pos adres is teen spambotte beskerm, jy moet JavaSkrip op jou webblaaier ontsper om dit te kan sien






