Upper Coast Fever

Die Upper Coast Fever gemeenskapkoerant is die nuutste byvoeging tot Fever Publications, wat 'n filiaal van The Witness Group is. Dit is in Oktober 2009 geloods en 25 000 uitgawes van hierdie gratis weeklikse koerant word elke Woensdag versprei. Dit bied die nuutste en tersaaklike plaaslike nuus en sport aan inwoners van die Suidkus streek. Die Upper Coast Fever is 'n gesins- en gemeenskapgerigte koerant wat vinnig besig is om as die egte 'stem van die bo-Suidkus gemeenskap' bekend te raak. Dit is eiesoortig in vergelyking met sy mededingers want dit bied nuus in Engels, Afrikaans en Zoeloe.

'n Nuwe verspreidingstrategie is onlangs ontwikkel om te verseker dat die koerant in die hande van ons adverteerders se teikenmark in die volgende areas beland: Umbogintwini, Amanzimtoti, Kingsburgh, Umkomaas, Scottburgh, Pennington, Umzinto en Mtwalume. Die Upper Coast Fever is daarvoor bekend dat dit die hoogste aantal individueel afgelewerde koerante in ons afsetgebied het – meer as enige ander koerant in ons area. Besoek gerus ons webwerf om die nuutste gemeenskapsnuus ook aanlyn te lees by www.feveronline.co.za.

Kontak ons

Posisie: Redakteur

Naam: Johan Pretorius

Telefoon: +27 (0) 39 682 1010

E-pos: Hierdie e-pos adres is teen spambotte beskerm, jy moet JavaSkrip op jou webblaaier ontsper om dit te kan sien

Posisie: Uitgewer

Naam: Greg Orsmond

Telefoon: +27 (0) 39 682 1010

E-pos: Hierdie e-pos adres is teen spambotte beskerm, jy moet JavaSkrip op jou webblaaier ontsper om dit te kan sien

Posisie: Hoof van Verkope

Naam: Tom Pearson

Telefoon: +27 (0) 39 682 1010

E-pos: Hierdie e-pos adres is teen spambotte beskerm, jy moet JavaSkrip op jou webblaaier ontsper om dit te kan sien

Posisie: Bemarkingshoof

Naam: Neil Tapinos

Telefoon: +27 (0) 39 682 1010

E-pos: Hierdie e-pos adres is teen spambotte beskerm, jy moet JavaSkrip op jou webblaaier ontsper om dit te kan sien

Vinnige Feite

  • Daar is vier kleiner koerante wat in die afsetgebied van die Upper Coast Fever bedryf word, maar nie een van hulle dek 'n gebied so groot soos dié van die Fever nie.
  • Die demografie is multi-kultureel, en teiken lesers in die 25 – 49 jaar ouderdomsgroep in LSM 3 – 9 groep.
  • Die Upper Coast Fever is daartoe verbind om aan die plaaslike gemeenskap terug te gee. Fever Publications het reeds 'n aantal kulturele gebeurtenisse geborg, byvoorbeeld Bok van Blerk, en is by verskeie liefdadigheidsfunksies betrokke. Dit het ook die borg geword van die streek se grootste gebeurtenis – die jaarlikse Highland Gathering.