Sondag

Sondag, ’n opwindende nuwe Sondagblad in die Afrikaanse mark, is die nuutste toevoeging tot die Media24-koerantstal. Die koerant stel hom ten doel om te voorsien in die leesbehoeftes van alle Afrikaanssprekendes in Suid-Afrika; om vir hulle ’n diens te lewer in hul taal van keuse met ’n helder, opbeurende en toeganklike produk wat die volle spektrum van Sondag-onderwerpe dek. Dit is in Mei 2007 van stapel gestuur en die koerant is daarop gemik om die bestaande markdekking van sy susterstitel Rapport uit te brei. Sondag is ook ’n susterstitel van die ander twee Sondag-koerante in die Media24-stal, City Press en Sunday Sun.

  • Nuus: In Sondag kry jy persoonlikheidsgebaseerde nuus en menings geskryf deur ’n gebalanseerde span ervare en opwindende jong joernaliste wat van regoor die mediaspektrum afkomstig is. Witwarm nuus en tydskriftipe artikels oor lewenstyl, kookkuns, selfdoen, reis en vele ander onderwerpe is die bestanddele in hierdie opwindende versameling bladsye wat gekenmerk word deur sterk opskrifte en foto’s en grafika wat die oog vang en hou.
  • Sport: Dit is ’n verpak in ’n 16 bladsye lange los afdeling wat gewy is aan die belangrike Afrika-sportsoorte – rugby, sokker en krieket – asook die hele spektrum van ander sportkodes.
  • Vermaak: Die nuutste in musiek, rolprente en enige ander vorms van vermaak, met ’n weeklikse konsertgids, kleurvolle TV-programme, strokiesprente en speletjies vorm saam ’n 12 bladsye lange los afdeling.
  • Besigheid: Persoonlike finansies en ’n weeklikse samevatting van die ekonomiese tendense en besigheidsaanduiders is die vernaamste elemente.

Kontak ons

Posisie: Redakteur

Naam: Peet Bothma

Telefoon: +27 (0)11 877 6170

E-pos: Hierdie e-pos adres is teen spambotte beskerm, jy moet JavaSkrip op jou webblaaier ontsper om dit te kan sien

Posisie: Adjunk-redakteur

Naam: Dirk Lotriet

Telefoon: +27 (0)11 877 6171

E-pos: Hierdie e-pos adres is teen spambotte beskerm, jy moet JavaSkrip op jou webblaaier ontsper om dit te kan sien

Posisie: Hoofbestuurder

Naam: Minette Ferreira

Telefoon: +27 (0)11 877 6019

Faks: +27 (0)11 877 6020

E-pos: Hierdie e-pos adres is teen spambotte beskerm, jy moet JavaSkrip op jou webblaaier ontsper om dit te kan sien

Posisie: Advertensieverkope-bestuurder

Naam: Ané Honiball

Telefoon: +27 (0)11 877 6085

E-pos: Hierdie e-pos adres is teen spambotte beskerm, jy moet JavaSkrip op jou webblaaier ontsper om dit te kan sien

Posisie: Advertensies

Naam: Christo Brits

Telefoon: +27 (0)11 713 9719

E-pos: Hierdie e-pos adres is teen spambotte beskerm, jy moet JavaSkrip op jou webblaaier ontsper om dit te kan sien

Posisie: Bemarkingsbestuurder

Naam: Chantelle le Roux

Telefoon: +27 (0)111 713 9499

E-pos: Hierdie e-pos adres is teen spambotte beskerm, jy moet JavaSkrip op jou webblaaier ontsper om dit te kan sien