The Witness

The Natal Witness is drukkers en verspreiders van 'n hele aantal koerante, met inbegrip van The Witness, Suid-Afrika se oudste koerant, en Weekend Witness. Ander titels sluit in Echo, The Mirror, Village Talk, Greytown Gazette en UmAfrika, 'n weeklikse halfblad Zoeloe-koerant. The Witness verskyn Maandag tot Vrydag en fokus op die groter Pietermaritzburg- en binnelandse areas van KZN. Weekend Witness verskyn Saterdae en word oral deur die provinsie versprei, insluitend Durban en langs die kus. Hierdie lewendige kompakte koerant sluit in nuus, kommentaar, sport, persoonlike geldsake, vermaak en eiendomsverkope.

The Natal Witness hou tred met ontwikkelinge in tegnologie. Koerante in die Witness-stal word op 'n KBA Comet, een van die mees gevorderde drukpers in Afrika, gedruk. Die pers, wat 'n 32-bladsy brebladkoerant met volkleur op elke bladsy in 'n enkele oplaag teen 'n spoed van 70 000 kopie per uur kan druk, is ten volle gerekenariseer, met ink-, register- en aanklamstelsel.

The Natal Witness is ten volle interaktief.

Witness bylaes sluit in:

  • Home Improver: 'n Maandelikse weekdag-bylaag met die fokus op tuisdekor, herstelwerk en selfdoentake.
  • Motoring: Maandeliks. Sluit in bekendstelling van nuwe modelle, prysgidse en padtoetse.
  • Farm Focus: Verskyn die laaste Saterdag van elke maand en bevat landbounuus, onderhoude en produkvrystellings gemik op die landelike sektor.

Kontak ons

Posisie: Groep-redaksionele direkteur

Naam: John Conyngham

E-pos: Hierdie e-pos adres is teen spambotte beskerm, jy moet JavaSkrip op jou webblaaier ontsper om dit te kan sien

Posisie: Redakteur

Naam: Angela Quintal

E-pos: Hierdie e-pos adres is teen spambotte beskerm, jy moet JavaSkrip op jou webblaaier ontsper om dit te kan sien

Posisie: Hoofbestuurder: Nasionale Verkope en Bemarking

Naam: Dave Erasmus

Telefoon: +27 (0)33 355 1110

E-pos: Hierdie e-pos adres is teen spambotte beskerm, jy moet JavaSkrip op jou webblaaier ontsper om dit te kan sien

Posisie: Bestuurder: Advertensies en Verspreiding

Naam: Hilton Tredgold

Telefoon: +27 (0)33 355 1226

E-pos: Hierdie e-pos adres is teen spambotte beskerm, jy moet JavaSkrip op jou webblaaier ontsper om dit te kan sien