Digitale Lewering

Mense verwys gereeld na navorsing en ontwikkeling as ’n “fontein van jeug”. On the Dot glo dit is die pad wat gestap moet word om te verseker dat die onderneming die grense verskuif en vars, relevante dienste en produkte aan kliënte kan bied. Daar is ’n sterk fokus op strategie, konsultering en navorsing en ontwikkeling. Sakeverwante ontwikkeling speel ook altyd ’n belangrike rol om te verseker dat idees van die konsepfase tot ’n realiteit in die markplek deurgevoer word.

 

Deur die belangrikheid van die digitale tendens te identifiseer, is dit nou moontlik vir dié afdeling om te fokus op die duplisering van fisiese media-dienste in die digitale konteks. Van konsultasie oor vooraf drukprosesse tot die lewering van eBoek-verspreidingskanale bied On the Dot ’n vaartbelynde bestuursoplossing om multimedia inhoud te publiseer in ’n verskeidenheid formate oor verskillende kanale – en die kliënte kry die voordeel van ’n multi-kanaaloplossing met ongeëwenaarde marknavorsing.

Die dienste sluit in:

  • Die skep van inhoud
  • Inhoudversameling en –bestuur
  • Katalogisering en aanbieding

Uitkoms en verbruik

Kontak ons

Posisie:Voorsieningskettingbestuurder: eBoeke

Naam:Ulandy Gribble

Telefoon:+27 (0)21 929 2774

E-pos:ulandy.gribble@onthedot.co.za

Posisie:Bedryfshoof: Digitale Media (Tydskrifte en Koerante)

Naam:Adele Drury

Telefoon:+27 (0)21 929 2710

E-pos:adele.drury@onthedot.co.za