Subskripsiebestuur

Subskripsies bied terugvoer waarop jy kan staatmaak. Die mikpunt is om intekenare goed te behandel, lojaal te hou en, natuurlik, groter getalle te werf. On the Dot se Kliëntverhoudingbestuur-afdeling (KVB), veldpersoneel en afleweringsagente maak seker dat die intekenare puik diens kry. Dit dra by tot kliëntlojaliteit en -behoud. Intekenare word gewerf deur promosies, televerkope en deur-tot-deur verkoopsinisiatiewe wat, in ag genome begrotingsbehoeftes, beplan en uitgevoer word. Subskripsiebestuur lewer daagliks meer as 105 000 koerante af, en tot 110 000 oor naweke. Die afleweringsnetwerk, wat op kliëntediensuitnemendheid fokus, bestaan uit 3 000 afleweringsagente en 850 organiseerders.

 

Produksiesyfers wys:

  • Verspreiding binne 24 uur deur die verspreidingsentrum
  • Verwerk 2 miljoen onderneming-na-verbruiker bestellings per jaar
  • Uitvoere na 50 Afrika-lande
  • Lewer 750 miljoen pamflette per jaar af
  • Bereik 9 miljoen adresse binne 4 dae

Kontak ons

Posisie:Bedryfshoof: Subskripsies

Naam:George Grobler

Telefoon:+27 (0)11 401 5952

E-pos:george.grobler@onthedot.co.za