Logistiek

On the Dot, ’n afdeling van Media24, bied ’n omvattende, geïntegreerde en eenstop logistieke diens vir alle mediaprodukte, soos boeke, tydskrifte en koerante, DVD’s en pamflette. Dit is ’n diens wat pakhuise, aflewering en verspreiding insluit, asook ’n ten volle geïntegreerde kliëntebestuurdiens. Hierdie waardetoevoeging sluit strategiese verkoopskanaalontwikkeling en skuldinvordering in, dit bied bystand in die verbetering van jou produk se markposisionering, vergroot omvang en verkope, en boonop word die produk se lewensiklus met selfvertroue voltooi. On the Dot hanteer meer as 70% van alle tydskrifverspreiding, 50% van koerantverspreiding en sowat 46% van boekverspreiding, met ’n groter wordende aandeel in elektroniese produkte vir verbruikers, 36% van pamfletverspreiding − met die vermoë om te groei. Die onderneming is gerat vir die digitale era en kan in verskeie kanale bystand lewer met direkte bemarking.