Loopbane

Media24 se innoverende mediaprodukte en -dienste op veelvuldige platforms word deur passievolle mense geskep om die lewens van ons klante wêreldwyd te verryk. Ons bied loopbaangeleenthede op ’n verskeidenheid gebiede, van joernalistiek, ontwerp, verkope, logistiek, sagteware-ontwikkeling en groot data tot modebeplanning en -aankope. By Media24 het jy die geleentheid om op van Suid-Afrika se geliefdste mediahandelsmerke en saam met die talentvolste mense in die bedryf te werk. Klik hier vir vakante poste of om op ons talent-databasis te registreer. Wanneer jy jou profiel skep, onthou om die skakel te stel sodat jy outomaties ’n boodskap ontvang sodra’n geleentheid op jou gebied opduik.