Korporatiewe Inisiatiewe

Media24 streef daarna om ’n verantwoordelike korporatiewe rolspeler te wees deur ’n konstruktiewe en volgehoue bydrae tot die Suid-Afrikaanse ekonomie en besigheidsektor te lewer. Om dit te bewerkstellig het die maatskappy verskeie strategiese prioriteite, insluitend sosiale verantwoordelikheid, transformasie, diensbillikheid, ’n werwingsbeleid wat produkte en dienste betref, ’n MIV/vigs-beleid en goeie besigheidspraktyke soos ’n verklikkersbeleid en ’n integriteitshandves.

Media24 se vaardigheidsontwikkelingstrategie behels sowel die uitbreiding van die talentpoel vir die mediabedryf (deur vakleerlingskappe, leerderskappe, beurse en internskappe) as ’n verdieping van die talentpoel binne die maatskappy (deur interne en eksterne opleiding en mentorskap).Media24’s skills development strategy involves both expanding the talent pool for the media industry (through apprenticeships, learnerships, bursaries and internships) and deepening the talent pool within the company (through internal and external training, coaching and mentoring).

Media24 se Joernalistiek Akademie

Media24 het 'n akademie vir joernalistiek gevestig wat langtermyn joernalis-internskappe, nagraadse beurse en die opleiding van Media24-joernaliste bestuur.  In Januarie 2009 het 29 interns aan die Akademie gegradueer na 'n jaar van opleiding en werkervaring by die maatskappy se koerante, tydskrifte en aanlyn media.  Die Akademie staan onder leiding van die hoogaangeskrewe joernalis en voormalige redakteur van City Press,  Mathatha Tsedu. Tans word 45 begunstigdes in die 2010-Akademieprogram ingesluit, nl. 12 leerders, 16 kwekelinge en 17 beurshouers.

Korporatiewe gemeenskapsbetrokkenheid

Die uitbreiding van Media24 se vrywilligheidsprogram was die kernfokus gedurende die afgelope boekjaar.  Meer as 200 werknemers is by 'n aantal inisiatiewe betrek wat onder meer opgradering van die gemeenskap, die administrasie en die rekenaarsentrums van 'n laerskool ingesluit het. 'n Groen inisiatief is ook by Elsiesrivier, Kaapstad ontwikkel; fondse is verkry vir 'n MIV/vigsprojek in KwaZulu-Natal deur die berg Kilimandjaro te klim, en verskeie speelgoedinsamelingsprojekte vir preprimêre skole en steun vir die Verenig teen Misdaad-inisiatief is uitgevoer.

Media24 se tydskrifte en koerante skenk jaarliks redaksionele en advertensieruimte van meer as R20 miljoen aan honderde gemeenskapgebaseerde en nie-regeringsorganisasies regoor Suid-Afrika.  Op hierdie wyse word inligting gedeel en die publiek word bewus gemaak aan 'n aantal kwessies, soos misdaadvoorkoming, armoede, onderwys, gesondheid en werkskepping.

Media24 steun met geesdrif die kunste en was 'n stigtingsborg van die KKNK-, Aardklop-, Volksblad- en Suidoosterfees.  Die maatskappy se bydrae word spesifiek daarop toegespits om geleenthede aan ontluikende jong kunstenaars te bied, en om produksies meer toeganklik vir voorheen benadeelde gemeenskappe te maak. In die besonder ondersteun Media24 die ontwikkeling van die voorgeskrewe leesboeke van verskeie hoërskole tot verhoogproduksies, wat duisende leerders na stedelike teaters elke jaar lok.

Goeie sakepraktyk

In ooreenstemming met goeie korporatiewe bestuur en met die oog daarop om ’n werkgewer van keuse te word, het Media24 verskeie sakepraktyke en -beleide geskep.

Media24 het in 2003 ’n omvattende strategie bekend gestel om MIV/vigs in die werkplek te bestuur. Die strategie behels ’n reeks opleidings- en inligtingswerksessies wat in alle afdelings van die maatskappy aangebied word, die verspreiding van kondome, gratis toetsing en berading, en die stigting van werknemer-taakgroepe om die proses te fasiliteer.

Media24 het ’n vrywillige, voorafbetaalde, vertroulike werknemerbystandsprogram wat probleemidentifikasie- en verwysingsdienste bied aan werknemers en hul gesinne. Beraders bied ondersteuning en leiding ten opsigte van ’n wye reeks probleme, insluitend gesins- en verhoudingsprobleme, alkohol- en dwelmmisbruik, emosionele en stresverwante probleme, konflik in die werkplek en ernstige mediese probleme of siektes.

Media24 se verklikkersbeleid help om ’n kultuur van onthulling te skep, wat personeel en eksterne belanghebbers in staat stel om kriminele of onbehoorlike optrede te rapporteer.

Media24 se integriteitbeleid onderskryf etiese beginsels vir elke aspek van die maatskappy se sakebedrywighede, indiensnemingspraktyke en personeelbestuur. Dit omvat persoonlike, professionele en organisatoriese integriteit en maak deel uit van die Naspers-groep se kode van etiek.