Welkom Yizani

In September 2006 het Media24 die grootste BSEB-aandele-aanbod in die drukmediabedryf van stapel gestuur. Welkom Yizani bied ’n indirekte belang van 15% in Media24 Beherend aan kwalifiserende swart persone en groepe.

Die aanbod is drie maal ingeskryf, met meer as 100 000 aansoeke wat ontvang is vir 14,6 miljoen gewone Welkom Yizani-aandele. Diegene wat vir meer as 430 gewone Welkom Yizani-aandele aansoek gedoen het, het minstens 430 gewone Welkom Yizani-aandele ontvang, en 85% van die aansoekers het die volle aantal aandele ontvang waarvoor hulle gevra het.

Kliek hier vir toegang tot die webtuiste van Welkom Yizani.

Vir toegang tot die Welkom Yizani Jaarverslag, kliek hier.