SA Rheumatology Journal

Rumatologie is die studie van siektetoestande wat die muskuloskeletale stelsel affekteer, veral die gewrigte en omringende weefsel. Die SA Rheumatology Journal (SARJ) is die amptelike spreekbuis van die Suid-Afrikaanse Rumatiek- en Artritisvereniging (SARAA). Dit is ’n wetenskaplike, portuurgeëvalueerde kwartaalblad met ’n sirkulasie van 2500. Artikels is die oorspronklike, ongepubliseerde werke en die skrywers ontvang geen finansiële vergoeding om hul werk te publiseer nie.

’n Breë spektrum van onderwerpe met betrekking tot rumatologie, rehabilitasiemedisyne, immunologie, aansteeklike siektes asook ortopediese onderwerpe met betrekking tot rumatiese toestande, word bespreek. Dr. Ingram Anderson is tans die hoofredakteur en prof. Helmut Reuter vul die stoel van assistentredakteur by die Raad. Die doel van hierdie tydskrif is om suid-Afrikaanse spesialiste in rumatologie en verwante velde, op te voed. Die SARJ word sterk aanbeveel as ’n uitstekende bron van kennis vir diegene wat op hoogte wil bly met die nuutste medikasie, behandeling en ontwikkeling op die gebied van rumatologie.

Kontak ons

Posisie:Redakteur

Naam:Rene Bosman

E-pos:rene.bosman@media24.com

Posisie:Sleutelrekeningbestuurder

Naam:Trevor Kalil

E-pos:trevor.kalil@media24.com

Posisie:Sleutelrekeningbestuurder

Naam:Ilonka Moolman

E-pos:Ilonka.moolman@media24.com

Posisie:Uitgewersbestuurder

Naam:Johann Gerber

E-pos:johann.gerber@media24.com