Media24-joernaliste wen bewaringspryse

24 November 2016

Twee Media24-joernaliste was onder die wenners by die 12de jaarlikse SANParks Kudu-toekenningseremonie wat Vrydag in Midrand gehou is. Die pryse gee erkenning aan verdienstelike omgewingsbewaarders.

Netwerk24/Beeld se Elise Tempelhoff is as die omgewingsmedia: beste drukjoernalis aangewys. Sy het erkenning ontvang vir haar konstante diepteverslaggewing oor ’n verskeidenheid omgewingsonderwerpe, waaronder renosterstroping, mynwese en waterskaarste, en die impak van negatiewe praktyke op die omgewing.

Netwerk24/Kalahari-Bulletin se Anena Burger is aangewys as omgewingsmedia: beste gemeenskapsdrukmedia-joernalis van die jaar vir haar konstante diepteberigte oor verskeie omgewings- en bewaringskwessies en bewusmaking daaroor in plaaslike gemeenskappe.