Media24 Rachel’s Angels Markdag

Media24 se Rachel’s Angels het Saterdag hul tweejaarlikse markdag by die Gansbaai Academia gehou. Die tema vir die mark was “Red Ons Oseaan” en buiten die stalletjies wat heerlike eetgoed en unieke produkte verkoop het, was daar allerlei seekarakters om die kleingoed te vermaak. Media24 het ’n muurbanier vir die Gansbaai Academia geborg waar besoekers kon onderneem om ons oseane te red en R5 vir dié doel kon skenk.

Vermaak is verskaf deur SAMA-wenners Beatenberg, Seisoen 10 Idols-deelnemer London Louw, Trace Stars-wenner Oshri, Tribal Echo en Hemelbesem, en die seremoniemeesters was die TV-persoonlikhede, Kim Cloete en Charles Tertiens. Mej SA, Liesl Laurie, Mej. Aarde SA, Ilze Saunders, en die SABC 1-aanbieder, Nkokeli Oros Mampofu, het vir ekstra glans by die geleentheid gesorg.

Die fondse wat by die geleentheid ingesamel is, sal aan die 20 skole geskenk word wat deel is van Media24 se bemagtigingsprojek, Rachel’s Angels.