Media24-resultate vir die ses maande tot 30 September 2016

25 November 2016

Media24 het marginale omsetgroei behaal en die eerste ses maande met ’n handelswins van R171m afgesluit. Die daling van 21% in handelswins teenoor die vorige jaar weerspieël die impak van laer advertensie- en sirkulasie-inkomste uit ons tradisionele drukmediabedrywighede, wat vererger is deur hoër insetkoste weens ’n swakker rand. Ons gaan voort om ons gehore en kliënte aktief van druk- na digitale platforms te migreer deur middel van produkinnovasie, meestal aan die mobiele kant. Ons beleggings in e-handel deur die aanlyn modehandelaar Spree sowel as On the Dot se pakhuis- en vervullingsbesigheid het sterk omsetvertonings gelewer, maar die aanlynwerwingsportaal Careers24 is gekortwiek deur ’n lustelose ekonomie.

Klik hier om die verslag te lees.