Media24 wen groot by kunsjoernalistiekpryse

30 November 2016

Media24 het weer met die toppryse weggestap by die jaarlikse National Arts Festival/Business and Arts South Africa-pryse vir kunsjoernalistiek wat Maandag in Johannesburg gehou is.

City Press se #Trending-span is met die gesogte organisatoriese prys bekroon vir hul volgehou standaard vir uitnemendheid en verbintenis tot kunsjoernalistiek. Dit is die derde opeenvolgende jaar dat #Trending hierdie prys wen.

Media24-joernaliste is in verskeie kategorieë vereer:

ARTIKELS
Goud
Niren Tolsi – City Press (vryskut)

Silwer
Tiyese Jeranji – People’s Post
Lloyd Gedye – City Press (vryskut)

STILFOTOGRAFIE
Goud
Nardus Engelbrecht – Channel24 (vryskut)

RESENSIES
Silwer
Herman Lategan – Netwerk24 (vryskut)
Panashe Chigumadzi – City Press (vryskut)
Lwandile Fikeni – City Press (vryskut)

Vir die volledige lys wenners klik hier.

Van links is Lakin Morgan-Baatjies van Business and Arts South Africa, Tiyese Jeranji van People’s Post, Tony Lankester van die National Arts Festival en Gugulethu Mhlungu van City Press.