New Media kondig twee groot skuiwe aan

1 Maart 2017

Bridget McCarney, besturende direkteur van New Media, is bevorder tot uitvoerende hoof van die New Media-groep. Sy word opgevolg deur Aileen Lamb, die huidige hoofbestuurder van die verbruikersafdeling. Hierdie aanstellings geld vanaf 1 April.

Bridget het oor die afgelope 15 jaar die maatskappy deur tye van groot verandering gelei. Onder haar leierskap het die maatskappy se winste met meer as 600% gestyg, die personeel het gegroei van 30 tot 250 en die maatskappy is omskep van ’n uitgewery vir handelspublikasies tot ’n voldiens- strategiese en inhoudsagentskap.

Aileen is die dryfkrag agter die digitale oormaak en herbekendstelling van suksesvolle mediahandelsmerke soos Eat Out, VISI en Woolworths TASTE. Sy het ook die Eat Out-restauranttoekennings tot nuwe hoogtes gevoer met ’n rekord 740 gaste wat hierdie spoggeleentheid verlede jaar bygewoon het.

“Dit was my voorreg om New Media te laat groei het van ’n klein handelsuitgewery tot die land se toonaangewende inhoudbemarkingsagentskap,” sê Bridget. “Aileen sal hierdie verandering selfs verder en vinniger dryf.”

Aileen sê dit is ’n eer om die leisels as besturende direkteur van New Media oor te neem. “Ek sien daarna uit om nuwe maniere te kry waar New Media ’n selfs belangriker rol kan speel om ons kliënte se gehore van waardevolle inhoud te voorsien. New Media word met voortreflikheid vereenselwig en dit sal steeds die kern wees van wat ons doen.”