News24-verslaggewer wen Vodacom-toekenning

2 November 2016

Die wenners van die laaste streekkompetisies in die Vodacom Journalist of the Year-toekennings is onlangs aangekondig. Die jaarlikse toekennings gee erkenning aan uitnemendheid in joernalistiek dwarsoor verskillende mediakategorieë.

’n Nuwe kategorie – Young Journalist – is vanjaar bekendgestel en News24 se Paul Herman was die eerste wenner van dié toekenning in die Westelike streek.

Elke streekwenner het R5 000 ontvang en sal op 11 November die nasionale eindstryd in Johannesburg bywoon.

Ons hou duim vas vir ons streekwenners! Volg #VJOY16 op Twitter om met die wenners op datum te bly.