Opwindende nuwe app vir nuusvrate

23 Januarie 2017

News24 Edge verskaf wat jy wil weet en lees in een, aantreklike app. Kry al die brekende nuus en kies jou belangstellings van News24.com se topgehalte joernalistiek om meer te kry van dit wat jy werklik wil lees. Edge verstaan jou voorkeure; van sport en vermaak tot die beste in kos, gesondheid, motors, reis en meer – News24 Edge gee jou al die stories waarin jy belangstel.

News24 Edge bied jou ’n individuele, persoonlike ervaring deurdat jy jou belangstellings kan kies. Edge leer ook watter stories jy die meeste geniet en hoe meer jy lees, hoe beter raak sy vermoë om stories te voorsien wat vir jou van belang en relevant is. News24 Edge se aanbieding sluit in die beste brekende nuus, aktuele sake, politieke joernalistiek en stories wat jou die meeste prikkel.

Die app is ontwerp om ’n soomlose, aantreklike ervaring te bied. Die duidelike teks en skerp beelde maak dit maklik om die inhoud te vind en lees, terwyl die navigasiestelsel so min as moontlik tikke verg om by jou gunsteling storie uit te kom. Vir meer inligting klik hier.

Om News24 Edge op ’n Apple-selfoon af te laai klik hier of hier vir ’n Android-selfoon.