Media24 Tydskrifte

Media24 Tydskrifte is ‘n voorste rolspeler in die Suid-Afrikaanse tydskrifbedryf en gee ‘n beduidende persentasie van die tydskrifte uit wat op winkelrakke landwyd te koop is. Die eenheid se visie is om die kragtigheid van tydskrif-handelsmerke in te span om persoonlike verwysingsraamwerke te skep wat inlig, opvoed en vermaak – altyd beskikbaar en op enige plek. Media24 Tydskrifte en sy filiale gee tans meer as 60 titels uit, sommige daarvan onder lisensie-ooreenkomste met internasionale uitgewers. Maandelikse verkope is in die omgewing van 5,9 miljoen tydskrifte en dit word gelees deur nagenoeg 9,6 miljoen mense.