DIY Trade News

DIY Trade News is ’n gespesialiseerde besigheid-tot-besigheid-koerant/tydskrif wat voorsiening maak vir die Suider-Afrikaanse hardeware-, doen-sit-self-, konstruksie- en verwante gemeenskappe. DIY Trade News word versprei aan alle spelers in die hardeware- en doen-dit-self-bedryf, hulle verskaffers en geaffilieerdes. DIY Trade News beskik oor ’n geouditeerde sirkulasie van nét meer as  4000 kopieë per maand en word 11 keer per jaar uitgegee.




Ons dek ’n wye verskeidenheid van onderwerpe op insiggewende wyse; van bedryfsverwante sake tot vriendelike verslaggewing omtrent nuwe winkels wat oopmaak en gebeure in die hardeware- en doen-dit-self-bedryf.  Redaksionele inhoud is daarop gerig om die kleinhandelaar te help om sy sakeonderneming so suksesvol moontlik te bestuur deur te fokus op plaaslike en internasionale tendense/gebeurtenisse, nuwe produkte, verkope en bemarkingswenke. Sodoende verseker ons dat ons lesers en hul klante altyd op hoogte van sake is met wat in hierdie dinamiese bedryf gebeur.

Kontak ons

Posisie: Editor

Naam: Johann Gerber

Telefoon: +27 (0)11 217 3205

E-pos: Hierdie e-pos adres is teen spambotte beskerm, jy moet JavaSkrip op jou webblaaier ontsper om dit te kan sien

Posisie: Sales Executive

Naam: Natalie Sanders

Telefoon: +27 (0)82 450 2317

E-pos: Hierdie e-pos adres is teen spambotte beskerm, jy moet JavaSkrip op jou webblaaier ontsper om dit te kan sien

Tariefkaart

Vinnige Feite

  • DIY Trade News is die enigste publikasie wat al die rolspelers in die hardeware- en doen-dit-self-bedryf bereik en word ondersteun deur plaaslike en internasionale bydraers.
  • Suid-Afrika se grootste doen-dit-self-B2B-titel
  • Meer as 21 jaar van nuus en tendense aan die hardewarebedryf
  • Die enigste publikasie wat na alle gebeurtenisse in die bedryf uitgenooi word
  • Die voorkeur mediavennoot van Suid-Afrika se enigste hardeware-handelsekspo  – Hardex
  • DIY Trade News se reikwydte strek so ver as Afrika, die EU, Australië en die VSA.
  • Die jongste ABC sypher is 3 541.