Daar verskyn gewoonlik ses tot agt kliniese artikels per uitgawe wat ’n wye reeks van onderwerpe aanspreek. Die meeste artikels is toepaslik geïllustreer met ’n kombinasie van beeldmateriaal en grafika, onder andere x-strale, MRI- & CT-skandeerbeelde (radiografie) en kleur- en swart-en-wit foto’s. Wanneer mens in gedagte hou dat ortopedie maklik met ander geneeskundige spesialiteitsdissiplines kan oorvleuel, staan hierdie publikasie sy man as ’n suiwer akademiese werk om die veld van ortopedie in Suid-Afrika te bevorder.
Kontak ons
Posisie: Uitgewer
Naam: Charmaine Upton
Telefoon: +27 (0)11 217 3210
Faks: +27 (0)86 729 1490
E-pos: Hierdie e-pos adres is teen spambotte beskerm, jy moet JavaSkrip op jou webblaaier ontsper om dit te kan sien
Posisie: Verkoopsverteenwoordiger
Naam: Glenda Wright
Telefoon: +27 (0)11 217 3210
Faks: +27 (0)86 729 1492
E-pos: Hierdie e-pos adres is teen spambotte beskerm, jy moet JavaSkrip op jou webblaaier ontsper om dit te kan sien
Tariefkaart
Vinnige Feite
- Die AMPTELIKE tydskrif van die SA Ortopediese Vereniging
- Internasionaal geakkrediteer en erken
- Geen ander vaktydskrif / koerant mag teenwoordig wees of versprei word by ortopediese kongresse nie
- ’n Kwartaalblad (4 uitgawes per jaar)
- Onmiddellike publikasie van nie-kommersiële akademiese, portuurgeëvalueerde artikels
- Sirkulasie van 2 500 – aan al die lede van die Ortopediese Vereniging, insluitende ortotiste en prostetiste, neurochirurge, rumatoloë, radioloë, fisioterapeute, voetheelkundiges, spesialiste op die gebied van sportbeserings, kliniese assistente, algemene praktisyns met ’n belangstelling in ortopedie, en laaste, maar nie die minste nie, ortopediese chirurge
- Verhoogde sirkulasie na die res van Afrika en oorsese spesialiste






