VIA: Vars op DStv-kanaal 147

Media24 is baie opgewonde om aan te kondig dat VIA, ons splinternuwe Afrikaanse leefstylvermaak-kanaal, Maandag 9 November op DStv-kanaal 147 begin. Met VIA kom 22 splinternuwe programme oor kos, diëte, verhoudings, troues en styl. VIA fokus op Afrikaanse vroue en hul gesinne en elke weeksdag sal daar vyf tot ses leefstyl- en werklikheidsprogramme wees wat drie uur se vars vermaak bied. Programme première tussen 16:00 en 19:00 en herhalings word die res van die tyd en oor naweke uitgesaai. Besoek www.viatv.co.za vir meer inligting.