Welkom Yizani vaardig bedrog-waarskuwing uit

30 Desember 2016

Welkom Yizani het bewus geword van ‘n swendelskema wat op die Suid-Afrikaanse publiek gemik is. Die skema is oënskynlik van Welkom Yizani afkomstig en probeer mense van hul geld beroof. Die swendelaars impliseer dat persone wat genader word, voordeel sal trek uit die verhandeling van Welkom Yizani-aandele namens hulle indien hulle kontant in ‘n derdeparty-rekening deponeer. Die opbrengste wat aangebied word, lyk baie aanloklik. Sodra die geld in die rekening oorgeplaas is, verdwyn die fondse.

Welkom Yizani wil mense waarsku om altyd uiters versigtig te wees wanneer hulle oproepe, teks- of e-posboodskappe vanaf ‘n onbekende bron ontvang, veral as hulle versoek word om van geld afstand te doen. Bedrieglike oproepe, teks- of e-posboodskappe kan baie oortuigend lyk, met maatskappylogo’s en -briefhoofde wat vanaf webwerwe gekopieer word.

Wenke om nie ‘n slagoffer van ‘n swendelskema te word nie:

  • Moet nooit op ‘n ongevraagde oproep, teks- of e-posboodskap reageer nie, ongeag hoe amptelik dit dalk lyk.
  • Wees uiters versigtig om te klik op skakels of aanhangsels in onbekende/ongevraagde e-posboodskappe, selfs al lyk dit of dit afkomstig is van ‘n maatskappy of persoon met wie u sake doen.
  • Indien u vermoed u het gereageer op ‘n bedrieglike e-posboodskap, kontak onmiddellik u bank sodat hulle stappe kan doen om u rekening en identiteit te beskerm.

Vir meer inligting, kontak Equity Express (Edms) Beperk (Administrateurs van die Welkom Yizani-verhandelingsplatform)

  • Tel: 0860 12 12 24
  • Faks: 011 321 5664
  • E-pos: welkomyizani@equityexpress.co.za
  • Webwerf: https://www.welkomshares.co.za