Werk Vir Ons

Media24 se innoverende mediaprodukte en -dienste op veelvuldige platforms word deur passievolle mense geskep om die lewens van ons klante wêreldwyd te verryk. Ons bied loopbaangeleenthede op ’n verskeidenheid gebiede, van joernalistiek, ontwerp, verkope, logistiek, sagteware-ontwikkeling en groot data tot modebeplanning en -aankope. By Media24 het jy die geleentheid om op van Suid-Afrika se geliefdste mediahandelsmerke en saam met die talentvolste mense in die bedryf te werk. Klik hier vir vakante poste of om op ons talent-databasis te registreer. Wanneer jy jou profiel skep, onthou om die skakel te stel sodat jy outomaties ’n boodskap ontvang sodra’n geleentheid op jou gebied opduik.

Aansoeke word nou ingewag vir Media24 se gesogte Gegradueerdes in Media-internskapprogram, wat in Januarie 2017 begin. Ons soek gegradueerdes op die gebied van multimedia en joernalistiek om vir ’n jaar lange internskap by ons aan te sluit. Suksesvolle kandidate sal in Media24 se digitale uitgewery- en e-handelsafdelings in Kaapstad op ’n mentorskapprogram geplaas word. As jy dus belang stel om as ’n sagteware-ontwikkelaar, produkbestuurder of digitale bemarker by koel handelsmerke soos Spree of 24.com te werk, het ons moontlik vir jou ’n geleentheid. Dis die ideale manier om jou loopbaan af te skop.

Klik hier om dit te ondersoek en aansoek te doen. Of “like” ons op Facebook om meer uit te vind oor hierdie program vir gegradueerdes.

Aansoeke sluit op 30 September.