Frontpage Slideshow | Copyright © 2006-2012 JoomlaWorks Ltd.

Rapport

Rapport is Suid-Afrika se Afrikaanse Sondagkoerant wat die meeste mense bereik met die derde grootste sirkulasie van alle koerante – tweede slegs na die Sunday Times en Daily Sun. Dié nasionale brëeblad penetreer meer as 28% van die totale Afrikaanse mark. Die meerderheid van Rapport se lesers het aansienlike koopkrag met 91% van lesers in LSM 6-10 en 77% in LSM 7-10. Rapport bied die grootste aantal afdelings en bylaes. Rapport is in 1970 gestig en is 'n sterk handelsmerk in eie reg met 'n goed gevestigde, lojale lesersbasis.

Elke Sondag bied Rapport sy lesers:

  • Nuus: Rapport is aan die voorpunt van nuusberiggewing en nuusberigontleding onder koerante in Suid-Afrika. Ook op die gebied van sosiale en politieke kommentaar boei die koerant met 'n span toonaangewende skrywers.
  • Sport: Rapport bied 'n afsonderlike en opwindende sportkoerant wat die jongste wedstrydverslae, vooruitskattings en agtergrondnuus deur topskrywers oor sportsoorte soos rugby, krieket, atletiek, gholf, perderesies en vele meer bied.
  • Diepte- en ontledende artikels: Onderhoude met nuusmakers en interessante mense verskyn op die meningsbladsye van Rapport. Gereelde rubriekskrywers sluit in William Gumede, Frans Cronjé, Flip Buys and Sonja Loots.
  • Sake24: Die week in die ekonomiese wereld plaaslik en internasionaal word weergegee in 'n uitgebreide sakekoerant. Sake24 gee ook aandag aan persoonlike finansies, tegnologie, gereelde fokusse en bylaes wat die soeklig laat val op spesifieke sakegebiede en maatskappye.
  • My Tyd: Die glansdeel van Rapport bied bladsye vol nuus en onderhoude oor die glanswreld van vermaak in Suid-Afrika en oorsee. My Tyd publiseer weekliks 'n volledige TV-skedule en bied ook rubrieke oor onderwerpe soos kos, musiek en vermaak.

Contact us

Position: Redakteur

Name: Bokkie Gerber

Phone: +27 (0)11 713 9628

Email: This e-mail address is being protected from spambots. You need JavaScript enabled to view it

Position: Snr Advertensiebestuurder

Name: Lita de Bastos

Phone: +27 (0)11 713 9507

Email: This e-mail address is being protected from spambots. You need JavaScript enabled to view it

Position: Bemarkingsbestuurder

Name: Cathy Pestana

Phone: +27 (0)11 713 9564

Email: This e-mail address is being protected from spambots. You need JavaScript enabled to view it

Talk to us!

Subscription & Deliveries

0861 77 22 85