Frontpage Slideshow | Copyright © 2006-2012 JoomlaWorks Ltd.

Nuwe uitgewer vir Spesialis-tydskrifte

Kobus Louwrens, vorige hoofbestuurder van East Africa Magazines in Kenia, is aangestel as die uitgewer van die Spesialis-tydskrifte sake-eenheid, het John Relihan, uitvoerende hoof van Media24 Tydskrifte, vandag bekend gemaak. Dié eenheid is die tuiste van die welbekende Landbouweekblad, asook die tydskrifte FarmingSA en SA Jagter/Hunter (in ’n gesamentlike onderneming) en SA se voorste landbouwebwerf, landbou.com.

Jean du Preez, wat as uitgewer ingestaan het ná die aftrede van Danie Smith, sal sy pos as redaksionele hoof van die sake-eenheid hervat. Terselfdertyd is aangekondig dat Jacques Claassen, voorheen besturende redakteur van FarmingSA, bevorder is tot redakteur: handelsmerkuitbreidings vir die eenheid.



Kobus, ‘n oudstudent van die joernalistiekskool by die Universiteit van Stellenbosch, voltooi tans sy MBA by die US se Nagraadse Bestuurskool verwerf en sy loopbaan as joernalis by Die Burger begin. Voor sy aanstelling by East Africa Magazines was hy die uitgewer van Media24 Koerante se Breederivier en Overberg Media sake-eenhede, wat verskeie gemeenskapskoerante in daardie gebiede publiseer.

“Landbouweekblad is al vir jare onlosmaakbaar deel van die boeregemeenskap,” het John gesê. “Nietemin is dit belangrik dat ook tydskrifte soos dié by ’n veranderende media-omgewing aanpas – sonder om skiet te gee op die waarde en voordele wat hulle aan lesers bied.

“Kobus sluit by ons aan met ‘n stewige stel vaardighede, van redaksioneel en bestuurskennis tot eerstehandse ervaring van die plattelandse gemeenskappe wat so ‘n groot deel van die eenheid se teikenmark uitmaak. Ons wens hom alles van die beste toe.”

Op sy beurt, is Kobus opgewonde oor sy nuwe pos: “Dis uiteraard ‘n groot eer om so ‘n goed gevestigde tydskrif en dinamiese sake-eenheid te kan bestuur. Ek sien uit daarna om saam met die onderskeie redaksionele en verkoopspanne te werk en by hulle te leer.

“Ons lesers en hul behoeftes sal altyd eerste kom, maar dit is ook belangrik vir oorlewing dat ons die opwindende geleenthede benut wat nuwe media bied.”

Op sy beurt sien Jacques daarna uit om sy deeglike ervaring in die landboujoernalistiek en –uitgewery te benut om die opwindende geleenthede binne die landbousektor te ontsluit om deur handelsmerkuitbreidings vir die drie tydskrifte se lesers waarde toe te voeg. “Met die steun van die onderskeie  verkoopspanne, is dit veral ons oogmerk om dit op ’n winsgewende basis te doen.”

Einde
Vir meer inligting, kontak:
Egbert de Waal, Media24 Tydskrifte: egbert@media24.com  (083 561 7104)    
Kobus Louwrens, Media24 Spesialis-Tydskrifte: kobus.louwrens@media24.com (082 330 8323)

Contact details

Company :

Media24

Phone :

+27 (0)21 406 2121