Frontpage Slideshow | Copyright © 2006-2012 JoomlaWorks Ltd.

Media24.com - Direksie in Afrikaans

  • Boetie van Zyl
  • Boetie van Zyl

    Boetie van Zyl het die kwalifikasies BScMech en PrEng behaal. Hy het in 1988 as ’n direkteur by die Naspers-groep aangesluit. Hy is ’n lid van die direksies van MIH Beherend, MIH (Mauritius), MIH B.V., Media24 en Media24 Beherend, en ’n direkteur van die Vredesparkstigting. Hy is voorsitter van Naspers se oudit- en risikobestuurskomitee, ’n lid van die oudit- en risikobestuurskomitees van Media24, Media24 Beherend en MIH, en ’n lid van die mensehulpbronne- en nominasie komitees van Media24, Media24 Beherend en Naspers.

  • Ton Vosloo
  • Ton Vosloo

    Ton Vosloo is in 1984 as besturende direkteur van Naspers aangestel en was van 1992 tot 1997 uitvoerende voorsitter. Sy loopbaan as joernalis het in 1956 afgeskop, en hy was vanaf 1977 tot 1983 redakteur van Beeld. Hy is ’n direkteur van Media24, Media24 Beherend en MultiChoice Suid-Afrika Beherend, voorsitter van MIH B.V., MIH (Mauritius) en MIH Beherend, en sedert 1997 onafhanklike, nie-uitvoerende voorsitter van die Naspersdireksie. Hy is ’n voormalige voorsitter van Sanlam, M-Net, die WWF (SA) en van die Kaapse Filharmoniese Orkes. Die Nieman Fellowship is in 1970 deur die Harvarduniversiteit aan hom toegeken. Hy het drie eredoktorsgrade ontvang.

  • Koos Bekker
  • Koos Bekker

    Koos Bekker het die span gelei wat M-Net in 1985 gestig het en was die uitvoerende hoof van die MIH-groep tot 1997. Hy was ook ’n stigterdirekteur van MTN. Hy is ’n direkteur van Media24, Media24 Beherend, MIH B.V., MIH (Mauritius), MIH Beherend, MultiChoice Suid-Afrika Beherend en ander maatskappye binne die breër groep. Hy dien ook in die plaaslike reëlingskomitee vir die 2010-Fifawêreldbeker toernooi en die raad van die Universiteit Stellenbosch. Hy is sedert 1997 uitvoerende hoof van Naspers.

  • Steve Pacak
  • Steve Pacak

    Steve Pacak is op 1 April 2009 weer as direkteur in die direksie aangestel ná ’n sabbatsverlof van drie maande. Steve het sy loopbaan by Naspers in 1988 as groep- finansiële bestuurder van M-Net begin en verskeie uitvoerende poste in die MIH-groep beklee. Hy is ’n direkteur van Media24, Media24 Beherend, MIH B.V., MIH (Mauritius), MIH Beherend, MultiChoice Suid-Afrika Beherend en ander maatskappye in die breër Naspers-groep. Hy is in 1998 as ’n uitvoerende direkteur van Naspers aangestel.

  • Salie de Swardt
  • Salie de Swardt

    Salie de Swardt het die grade BAHons en BEcon aan die Universiteit Stellenbosch verwerf en die Nieman Fellowship aan Harvard-universiteit. Gedurende sy loopbaan by die Naspers-groep was hy finansiële verslaggewer by Die Burger, finansiële redakteur en redakteur van Beeld. Hy was ook stigter en redakteur van Finansies & Tegniek (nou Finweek), uitvoerende hoof van Media24-tydskrifte en besturende direkteur van Media24 vanaf 2000 tot sy uittrede in 2005. Hy is ’n direkteur en lid van die uitvoerende komitee van Media24 en Media24 Beherend, en ’n direkteur van Paarl Media Beherend en die Aardklop-kunstefees.

  • Rachel Jafta
  • Rachel Jafta

    Rachel Jafta is die voorsitter van Media24. Sy het die grade BEconHons, MEcon en PhD verwerf het en is ’n medeprofessor in ekonomie aan die Universiteit Stellenbosch. Sy het in 2003 as ’n direkteur by die Naspers-groep aangesluit en is in 2007 as ’n direkteur van Media24 en Media24 Beherend aangestel. Sy is ’n lid van die Suid-Afrikaanse Ekonomievereniging en ’n direkteur van Econex. Sy is die voorsitter van die Karnaval-trust en direksielid van die Suid-Afrikaanse Instituut vir rasseverhoudinge. Sy is ook voorsitter van die Rachel’s Angelsbemagtigingsprojek, ’n Media24-inisiatief in samewerking met die Universiteit Stellenbosch. Sy is ’n lid van die oudit- en risikobestuurs komitees van Naspers, Media24 en Media24 Beherend. Sy is in April 2008 as voorsitter van Media24 en Media24 Beherend se oudit- en risikobestuurskomitee aangestel.

  • Lambert Retief
  • Lambert Retief

    Lambert Retief het die graad BComHons aan die Universiteit Stellenbosch verwerf en daarna as ’n GR(SA) gekwalifiseer. Hy het ook die Owner President Management (OPM)- program aan die Harvard-sakeskool voltooi. Hy is ’n direkteur van Media24 en Media24 Beherend, voorsitter en voormalige uitvoerende hoof van Paarl Media Beherend en ’n direkteur van ander filiaalmaatskappye in die Paarl Media-groep. Hy is ook ’n direkteur van Naspers en die genoteerde landbou-beleggings groep Zeder Beleggings Beperk. Hy het verskeie uitvoerende poste in die drukkersbedryf beklee, ook as president van die Drukkersbedryffederasie van Suid-Afrika (PIFSA) en voorsitter van die Provinsiale Persunie.

  • Russel Botman
  • Russel Botman

    Russel Botman het die grade BA, MTh en DTh verwerf. Hy is sedert 2004 president van die Suid-Afrikaanse Raad van Kerke en was ’n lid van die ministeriële taakgroep wat die minister van onderwys van raad bedien het oor sake rakende godsdiens en onderwys. Hy is ’n direkteur van Media24 en Media24 Beherend, en voorsitter van die Absa Klein Karoo Nasionale Kunstefees. Voordat hy in 2000 as professor in missiologie en praktiese teologie by die Universiteit Stellenbosch aangesluit het, was hy dekaan van die fakulteit godsdiens en teologie aan die Universiteit van die Wes-Kaap. Hy is in 2007 as rektor en visekanselier van die Universiteit Stellenbosch aangestel.

  • Ruda Landman
  • Ruda Landman

    Ruda Landman het die grade BAHons en HOD aan die Universiteit Stellenbosch verwerf. Daarna het sy as ’n joernalis by Die Burger en later by SARIE gewerk. Sy was vanaf 1988 tot Junie 2007 aanbieder van die M-Net-program Carte Blanche en is ’n vryskutjoernalis in die TV-bedryf. Sy was vyf jaar die voorsitter van die raad van trustees van Project Literacy en vanaf 2003 tot 2007 voorsitter van die direksie van die Helpmekaar Privaatskool. Sy is in 2005 en 2006 as ’n direkteur van onderskeidelik Media24 en Media24 Beherend aangestel, en is tans voorsitter van die omgewings-, gesondheids- en veiligheidskomitee.

  • Esmaré Weideman
  • Esmaré Weideman

    Esmaré Weideman is in Mei 2011 as uitvoerende hoof van Media24 aangestel. Sy het 'n BCom en BJoernalistiek Honneurs (albei cum laude) aan die Universiteit Stellenbosch verwerf . ’n Hoogtepunt vroeg in haar loopbaan was toe sy as die enigste Suid-Afrikaanse joernalis gekies is om Nelson Mandela ná sy vrylating op sy wêreldtoer te vergesel. Sedertdien het Esmaré verskeie rolle vervul, as mederedakteur van Drum en akjunkredakteur van Fairlady, en in 2001 is sy aangestel as die jongste redakteur nóg van die tydskrif You. In 2002 het sy nog groter verantwoordelikheid gekry met haar aanstelling as gesamentlike redakteur van You en Huisgenoot. In 2010 het sy hoofredakteur geword van Huisgenoot, You, Drum, Huisgenoot Pols, You / Pulse en Huisgenoot Tempo. Toekennings sluit die Piet Cillié-prys vir uitnemendheid in joernalistiek (2005) in, en die gesogte Phil Weber-toekenning vir volgehoue prestasie in ’n loopbaan by Naspers (2007).

  • Koos Pieterse
  • Koos Pieterse

    Koos Pieterse is met ingang 1 Februarie 2010 as hoof- finansiële beampte aangestel. Hy het die graad BComHons aan die Randse Afrikaanse Universiteit (nou UJ), verwerf en is ’n gekwalifiseerde geoktrooieerde rekenmeester. Hy is ’n voormalige finansiële direkteur van Ackermans en ’n direkteur van Media24, Media24 Beherend, Via Afrika en Paarl Media Beherend.