Persverklarings
-
Media24 help Pendoring om Afrikaanse reklame in die kollig te hou
3 MEI 2012
Reklame-inkomste is Media24 se lewensbloed, en honderde miljoen rand se advertensies verskyn jaarliks in Afrikaans in Media24 se publikasies.
"Daarom is dit vir ons so belangrik dat Afrikaans sy kommersiële waarde as ‘n reklametaal handhaaf, sê Tim du Plessis, hoof van Afrikaanse koerante by Media24. Media24 is ‘n stigterborg van Pendoring, en Du Plessis ‘n direksielid van Pendoring.
"Saam met Pendoring beywer Media24 hom vir die bevordering van uitmuntende Afrikaanse en eg Suid-Afrikaanse reklame. Vandaar ons besluit om Pendoring vanjaar weer te ondersteun met ‘n goue borgskap."
-
Melinda Shaw bedank as hoofredakteur van heat
Media24 Weeklikse Tydskrifte kondig die bedanking aan van die hoofredakteur van heat-tydskrif, Melinda Shaw. Sy was sedert Oktober 2003 verbonde aan heat. André Neveling, tans redakteur van TVPlus, sal waarneem as redakteur van heat in ’n oorgangstydperk tot ’n nuwe redakteur aangewys is.
“Oor die jare het Melinda ’n sterk redaksionele span opgebou en onder haar leierskap is ’n internasionale titel uitgegee wat gegroei het tot een van die sterkste mediahandelsmerke in Suid-Afrika. Dit is ’n uitsonderlike prestasie in ’n hoogs mededingende omgewing. Ons wens Melinda alles van die beste toe met haar nuwe planne. Ons sal haar waarlik mis in ons span, maar ons respekteer haar besluit. Ek het geen twyfel dat haar loopbaan steeds van krag tot krag sal gaan nie,” het Willem Breytenbach, hoofbestuurder van Media24 Weeklikse Tydskrifte, gesê.
Shaw het gesê: “My tyd by heat was uitdagend en geweldig bevredigend en ek sal altyd dankbaar wees vir die geleenthede en groei wat ek daaruit kon put. Dit sal vir my swaar wees om tot siens te sê aan die unieke en hoogs talentvolle groep mense wat hierdie handelsmerk so boeiend maak, maar terselfdertyd is ek baie opgewonde om ’n nuwe avontuur te takel.”Shaw gaan ’n mediakonsultasiefirma begin wat handelsmerke, persoonlikhede en media oor verskeie platforms met mekaar in verbinding bring.
Shaw was die stigterredakteur van die Suid-Afrikaanse heat en was die afgelope agt jaar aan die stuur. Voor dié pos was sy die stigter- besturende redakteur en later adjunkredakteur van FHM in Suid-Afrika.
-
Ek, ’n rassis? Watwou!
28 Februarie 2012
Is jy ’n rassis? Tien Suid-Afrikaanse meningsvormers beantwoord dié vraag in die jongste uitgawe van NuusNou: Tannie Evita, Nina Swart, Marc Lottering, Karen Zoid, Christo Davids en andere . . .
Is ons ’n klomp rassiste? Sekerlik nie. Dit is al 18 jaar sedert die einde van apartheid. Ons het aanbeweeg. Soos Evita Bezuidenhout vandeesweek aan NuusNou gesê het: “Vandag het van my beste vriende swart vriende.”
So waarom verdeel ras steeds die reënboognasie? In NuusNou se 24ste uitgawe praat tien Suid-Afrikaanse bekendes en meningsvormers oor hul ervarings van rassisme. Sommige ervarings was blatant, ander meer subtiel.
Volgens die komediant Marc Lottering is vooroordeel algemeen. “Dis soos wanneer jy in die straat afstap sal dit nie sommer gebeur dat jy dink die wit mens wat in jou rigting op pad is, gaan jou beroof nie.” Tannie Evita (alter ego van Pieter-Dirk Uys) het gesê dit was voorheen politiek korrek om rassisties te wees. “Alles wat ek daardie dae gedoen het, is seker as rassisme gesien. Ek is so bly ek is vergewe.”
-
Jou SMS bepaal kleuterskool-wenner
AS jy ’n selfoon besit en tot vyf kan tel, kan jou SMS-stemme in die volgende drie weke bepaal watter kleuterskool in die Boland ’n nuwe gebou ter waarde van R80 000 gaan losslaan.
-
Media24 Tydskrifte bring Top Gear na Suid-Afrika
Die Suid-Afrikaanse uitgawe van die tydskrif Top Gear, die gedrukte verlengstuk van die legendariese TV-program, sal in Oktober op Suid-Afrikaanse tydskrifrakke pryk – dit kom ná ’n lisensie-ooreenkoms tussen Media24 Tydskrifte en BBC Magazines, het John Relihan, uitvoerende hoof van Media24 Tydskrifte, gister bekend gemaak.
-
Naspers voorsitter ken toppryse toe
Mnr Ton Vosloo, voorsitter van Naspers, het vandag die groep se toppryse oorhandig tydens ’n middagete wat na die maatskappy se algemene jaarvergadering gehou is.
-
Jonathan Harris sal nuwe projek vir Media24 se tydskrif-afdeling lei
Media24 Tydskrifte het aangekondig dat Jonathan Harris, hoofbestuurder van die Ontwikkelende Markte sake-eenheid, aangestel is om vir die divisie digitale projekte in die tablet-omgewing te lei.
-
Weg!go! se Erns en Le Roux wen Fortuinsoekers!
Twee Media24-joernaliste, Erns Grundling (Weg!go!) en Le Roux Schoeman (Touchlab en voorheen van Weg!go!), het gisteraand die 13de en finale skof van Fortuinsoekers, die opwindende nuwe Afrikaanse realiteitsreeks op kykNET, gewen.
-
Marc Ashton aangestel as waarnemende redakteur van Finweek
Media24 Weeklikse Tydskrifte kondig aan dat Marc Ashton met ingang 13 Julie as waarnemende redakteur van die tydskrif Finweek aangestel is.
-
Gediversifiseerde portefeulje steun stewige prestasie
Naspers het vandag ’n styging van 18% in omset tot R33 miljard vir die finansiële jaar tot 31 Maart 2011 aangekondig. Handelswins het met 7% tot R5,8 miljard gestyg, ten spyte van meer koste in die betaaltelevisie-besigheid en versnelde ontwikkeling van die internet afdeling.
