Aankondiging van resultate vir die ses maande tot 30 September 2018

30 November 2018

Media24 het gedurende die verslagdoeningstydperk stewige groei in sy digitalemedia- en e-modebedrywighede (aanlyn handel) behaal, en ondanks die trae ekonomie en strukturele uitdagings vir die drukmedialandskap, bevredigende finansiële resultate aangeteken. Ons koerant-, tydskrif- en verspreidingsbesighede het hul winsgewendheid jaar tot jaar meer as verdubbel, en ons het voortgegaan om in aanlyn mode en digitale media te belê om ’n volhoubare toekoms vir Media24 te bou.

Klik hier vir meer inligting.