Adverteer

Digitaal

The SpaceStation bied ’n groot verskeidenheid digitale bemarkingsoplossings aan, waaronder inheemse reklame en video-, mobiele, programmatiese, app-, DMP- en inhoudsbemarking. Dit bied kliënte topgehalte reklame wat insiggedrewe resultate oor veelvuldige kanale lewer.

As een van die invloedrykste en mees formidabele digitale reklameverkoopshuise in Afrika, bedryf The SpaceStation wêreldklas digitale mediaoplossings op veelvuldige platforms oor meer as 40 topweb- en mobiele tuistes en apps van Media24, 24.com en MultiChoice se toonaangewende handelsmerke. Dit maak The SpaceStation ’n leier in die snel groeiende en veranderende digitale reklameomgewing in Afrika suid van die Sahara.

The SpaceStation bied ongeëwenaarde strategiese en mededingende toegang tot meer as 28 miljoen unieke gebruikers wêreldwyd en meer as 450 miljoen bladindrukke per maand. As deel van 24.com, is The SpaceStation Media24 en Naspers se voorste digitale mediaverkoopshuis in Afrika suid van die Sahara en dus topbemarkers en -mediahandelsmerke se eerste keuse.

Vir meer inligting, gaan na www.thespacestation.co.za, stuur ’n e-pos na info@spacemail.co.za of gesels met ons op Twitter @SpaceStationZA.

Laai die volledige tariefkaart hier af of stuur e-pos na info@spacemail.co.za.

Tydskrifte

Media24 Leefstyl is die voorste uitgewer van tydskrifte in Suid-Afrika. Ons visie is om die trefkrag van tydskrifhandelsmerke te gebruik om ’n persoonlike wêreld van inligting, vermaak en opvoedkundige uitnemendheid te skep wat jy kan geniet wanneer jy wil, waar jy wil. Media24 Leefstyl het ’n gesentraliseerde mediaverkoopsfunksie wat dit in staat stel om sy kliënte van optimale diensvlakke te voorsien en hulle ’n wye verskeidenheid media-oplossings oor veelvuldige platforms te bied om aan hul spesifieke behoeftes te voldoen.

Laai die tariefkaart hier af of skakel 011 217 3000.

Koerante

As Media24 se nasionale verkoops- en bemarkingsafdeling verkoop en bemark Ads24 ‘n omvangryke verskeidenheid Sondag- en dagblaaie en tweeweeklikse, weeklikse en gemeenskapskoerante aan nasionale adverteerders en media-agentskappe.

Gaan na www.ads24.co.za om meer uit te vind.

VIA

As jy op VIA, Media24 se 24-uur vermaak-leefstylkanaal wil adverteer, stuur ‘n e-pos na commercial@viatv.co.za.