
Rachel Jafta (Voorsitter)

Rachel Jafta (Voorsitter)
Rachel Jafta het die grade MEcon en PhD verwerf en is ’n professor in ekonomie aan die Universiteit Stellenbosch. Sy is ’n direkteur van Naspers en Econex en voorsitter van die Kaapstad Karnavaltrust. Sy het in 2003 as ’n direkteur by Naspers aangesluit en is in 2007 as ’n direkteur van Media24 aangestel. Sy is ’n lid van die Suid-Afrikaanse Ekonomievereniging en dien in die bestuurskomitee van die Buro vir Ekonomiese Ondersoek by die Universiteit Stellenbosch. Sy is sedert April 2013 voorsitter van Media24 se direksie. Sy dien sedert 2015 in die internasionale adviesraad van Fondação Dom Cabral se sakeskool in Brasilië.

Koos Bekker

Koos Bekker
Koos Bekker het die span gelei wat die betaaltelevisie-onderneming M-Net/MultiChoice in 1985 gestig het en was ook ’n stigter van die selfoongroep MTN. Koos het die MIH-groep in sy internasionale uitbreiding en toetrede tot die internet aangevoer tot in 1997, toe hy uitvoerende hoof van Naspers word. Hy het in 2014 uitgetree. Hy dien in die direksies van maatskappye in die wyer groep. In 2015 het hy nie-uitvoerende voorsitter van Naspers geword. Sy akademiese kwalifi kasies sluit BAHons en ’n eredoktorsgraad in handel van die Universiteit Stellenbosch, LLB van die Universiteit van die Witwatersrand en MBA van die Columbia-universiteit in New York in.

Khomotso Mthimunye

Khomotso Mthimunye
Khomotso Mthimunye het ’n BRations (soos BCompt destyds bekendgestaan het) van die Universiteit van Limpopo, BCompt (Hons) van Unisa en Hoër Diploma in Belastingwetgewing van die Universiteit van die Witwatersrand. Sy is ’n geoktrooieerde rekenmeester met meer as 20 jaar se ondervinding en ’n lid van die Onafhanklike Regulatoriese Raad vir Ouditeure, Suid-Afrikaanse Instituut vir Geoktrooieerde Rekenmeesters en Instituut van Direkteure in Suider-Afrika. Sy was ’n direkteur van verskeie genoteerde en privaat maatskappye, en het in die myn- en finansiële dienstebedryf gewerk vir onder meer Standard Korporatiewe en Aksepbank, Absa Bank en Gensec Bank.

Trevor Petersen

Trevor Petersen
Trevor Petersen is ’n geoktrooieerde rekenmeester met meer as 30 jaar se ondervinding. Hy het die graad BComHons (fi nansiële bestuur) aan die Universiteit van Kaapstad verwerf. Hy was ’n uitvoerende vennoot by PricewaterhouseCoopers Geïnk. en dien tans in die raad van Mediclinic International plc.

Ishmet Davidson (Uitvoerende hoof)

Ishmet Davidson (Uitvoerende hoof)
Ishmet Davidson se kwalifikasies sluit ’n graad in handelswetenskappe sowel as ’n MBA van die Edinburgh-sakeskool by Skotland se Heriot Watt-universiteit in. Hy het 16 jaar ervaring in die mediabedryf en het in 2012 by Media24 aangesluit as hoof van gemeenskapskoerante. Hy is in 2014 as hoof van die nuusafdeling aangestel, waarna die mediaverspreidingsmaatskappy On the Dot en Media24 se tydskrifafdeling by sy verantwoordelikhede gevoeg is. Hy is in Oktober 2018 as uitvoerende hoof van Media24 aangestel.

Raj Lalbahadur (Finansiële hoof)

Raj Lalbahadur (Finansiële hoof)
Raj Lalbahadur het sy BComm aan Unisa verwerf en ‘n MBA aan die New York Finance Institute. Nadat hy verskeie poste in onder meer die petroleum- en papiervervaardingsbedrywe en die SAID beklee het, sluit hy in 2007 by Media24 aan as ’n senior finansiële bestuurder. Hy word in 2009 as die finansiële hoof van Media24 se Leefstyl-afdeling aangestel, neem in 2015 waar as Media24 se finansiële hoof en word in 2017 die hoofbestuurder van Leefstyl. In 2018 skuif hy na die korporatiewe afdeling as projekbestuurshoof vir die groep. Raj is op 1 Mei aangestel as Media24 se groep finansiële hoof en as direkteur belas met finansiële sake.