Media24 Beherend (Edms) Bpk Jaarlikse Resultate-aankondiging vir die jaar tot 31 Maart 2019

Media24 het redelike resultate vir die finansiële jaar behaal, met ’n effense toename in totale omset op ’n jaar-tot-jaar-grondslag tot R4.7mjd en ’n afname van 9% in handelsverlies tot R334m. Die winsgewendheid van die volwasse besighede (koerante, tydskrifte, drukverspreiding en boekuitgewery) het aansienlik verbeter gedurende die oorsigtydperk. Terselfdertyd het ons groeibesighede (digitale media, e-handel e-handelsvervulling, […]
Nuwe hoofredakteur vir Daily Sun en Sunday Sun

Mapula Nkosi, tans redakteur van Sunday World, is as die hoofredakteur van Daily Sun en Sunday Sun aangestel. Sy sal haar nuwe pos op 1 Junie opneem. Mapula het ’n honneursgraad in joernalistiek aan die Universiteit van die Witwatersrand verwerf en het ’n nagraadse diploma in bemarking en sakebestuur aan Unisa voltooi. Sy is ’n […]
NB-Uitgewers wen internasionale prys vir The President’s Keepers

Baie geluk aan NB-Uitgewers, wat pas ’n internasionale prys losgeslaan het vir The President’s Keepers, Jacques Pauw se opspraakwekkende politieke exposé wat in 2017 uitgegee is. Die Vereniging van Amerikaanse Uitgewers se prestigeryke International Freedom to Publish Award word jaarliks toegeken aan ’n uitgewer van buite Amerika wat moed en vasberadenheid aan die dag gelê […]
Media24 se toppresteerders vereer

Geluk aan al die wenners van die 2019 Media24-pryse! Hierdie pryse vier uitnemendheid dwarsoor ons maatskappy in verskeie kategorieë en is op 7 Junie by ’n galageleentheid in Kaapstad oorhandig. MEDIA24 PRYS VIR UITNEMENDE LEWENSBYDRAE: Fred Mouton DIGITALE MEDIA EN GEKLASSIFEERD Innovasieprys: The SpaceStation Tencent prys: Netwerk24 BOEKE Elize Botha-prys: Via Afrika LEEFSTYL Innovasieprys: Leefstyl […]
Media24 skitter by ATKV-Mediaveertjies

Die wenners van die 2019 ATKV-Mediaveertjies is Vrydag aangewys. Die toekennings vereer presteerders in Afrikaans vir hul bydrae tot die taalmedialandskap. Media24 het op een na al die pryse in die LEES-kategorie opgeraap. Veels geluk aan al die wenners! Media24 se wenners is: LEES-kategorie Beste in-diepte artikel: Elsabé Brits vir Borskanker: ’n Vrou se intieme […]
24.com vereer sy toppresteerders

Media24 se digitale afdeling, 24.com, het gisteraand sy toppresteerders van 2018 vereer by ’n galatoekenningsgeleentheid by Nasdak in Kaapstad. Veels geluk aan al die wenners en naaswenners! INGENIEURSPRYSE Beste individuele prestasie: Jannik Richter (Anthem-projek, Health24 Condition Centres en Traveller24)Naaswenner: Eduard de Klerk (Die Bamboo se deurlopende integrasie) Best innovasie: Front-end se uitgewerspan (Vereenvoudigde kode-basis)Naaswenner: Trevor […]