7 July 2020 Covid-19 tref Media24 hard – oorweeg sluitings, minder uitgawes en groter fokus op digitaal

Media24 het aangekondig dat hy dit oorweeg om vyf tydskrifte en twee koerante te sluit, sy oorblywende maandelikse tydskrifte uit te kontrakteer en minder gereeld uit te gee, twee koerante net digitaal uit te gee, en personeel in steundienste-afdelings te verminder. Die maatskappy begin konsulteer vandag met personeel.

Ishmet Davidson, uitvoerende hoof van Media24, sê: “Van die begindae van die pandemie in Suid-Afrika het ons met alles wat ons doen op twee prioriteite gefokus. Eerstens, die gesondheid en veiligheid van ons mense, en tweedens, om ons besigheid aan die gang te hou – by implikasie ook om vir so lank ons kan, poste te beskerm.

“Maar die pandemie het die vooraf bestaande strukturele langtermyn-inkrimping van drukmedia verhaas, met ’n vernietigende uitwerking op ons eie, reeds kwesbare drukmediabedrywighede. Ons sirkulasie- en advertensie-inkomste het sedert April skerp gedaal. Terselfdertyd baat baie van ons druktitels nie meer by vorige ingrypings om strukturele dalings teen te werk en hulle langer op die rak te hou nie, en bly daar geen ander opsies oor nie.

“Selfs al sou die ekonomie herstel tot die vlakke voor Covid-19, sal ons drukmediabesigheid nie van die pandemie se impak daarop kan herstel nie.  Ons het ongelukkig geen ander keuse nie as om ons besigheid nou te herstruktureer ten einde die verliese by ons drukmediaportefeulje te beperk, en ons ook in staat te stel om te fokus op die haalbaarheid van die titels wat behoue bly en om hulle so lank moontlik in druk te hou.”

Terselfdertyd, sê Ishmet, is Media24 besig om te omvorm om vinniger as ooit tevore by ’n toenemend digitale omgewing aan te pas. “In ’n baie mededingende mark, wat groot internasionale handelsmerke insluit, verkies Suid-Afrikaners News24 en Netwerk24 as hul bestemmings vir digitale nuus. Vir die jaar tot datum handhaaf News24 daagliks gemiddeld 1.6m unieke gebruikers, 63% meer as die gemiddeld vir 2019. Netwerk24 se intekenare het einde Junie op nagenoeg 67 000 gestaan, groei van 36.5% teenoor Junie 2019.

Die beplande ingrypings raak na verwagting bykans 510 personeellede (met ’n voorgestelde vermindering van nagenoeg 660 poste) uit ’n totale personeeltal van
2 971, oorwegend in die drukmedia- en verspreidingsdivisies, en sluit die volgende in:

Tydskrifportefeulje:

Die vlagskip-weekblaaie Huisgenoot, YOU en Landbouweekblad sal steeds intern saamgestel en uitgegee word.

Koerantportefeulje:

Ander:

“Ons is ten volle daartoe verbind om hierdie hoogs sensitiewe konsultasies met deernis te bestuur, terwyl ons ook die wetlik voorgeskrewe proses volg. Ons kan ongelukkig geen verdere inligting bekend maak alvorens die proses afgehandel is nie,” sê Ishmet.