• Rachel Jafta Download High-Res Media

    Rachel Jafta

    Rachel (57) het die grade MEcon en PhD verwerf en is ’n professor in ekonomie aan die Universiteit Stellenbosch. Sy is ’n direkteur van Naspers en Econex en voorsitter van die Kaapstad Karnavaltrust. Sy het in 2003 as ’n direkteur by Naspers aangesluit en is in 2007 as ’n direkteur van Media24 aangestel. Sy is ’n lid van die Suid-Afrikaanse Ekonomievereniging en dien in die bestuurskomitee van die Buro vir Ekonomiese Ondersoek by die Universiteit Stellenbosch. Sy is sedert April 2013 voorsitter van Media24 se direksie. Sy dien sedert 2015 in die internasionale adviesraad van Fondação Dom Cabral se sakeskool in Brasilië.

    Rachel Jafta

  • Ishmet Davidson

    Ishmet Davidson

    Ishmet se kwalifikasies sluit ’n graad in handelswetenskappe sowel as ’n MBA van die Edinburgh-sakeskool by Skotland se Heriot Watt-universiteit in. Hy het 16 jaar ervaring in die mediabedryf en het in 2012 by Media24 aangesluit as hoof van gemeenskapskoerante. Hy is in 2014 as hoof van die nuusafdeling aangestel, waarna die mediaverspreidingsmaatskappy On the Dot en Media24 se tydskrifafdeling by sy verantwoordelikhede gevoeg is. Hy is in Oktober 2018 as uitvoerende hoof van Media24 aangestel.

    Ishmet Davidson

  • Ruda Landman

    Ruda Landman

    Ruda (64) het BAHons en HOD aan die Universiteit Stellenbosch verwerf en vir 30 jaar as joernalis gewerk – 19 jaar as mede-aanbieder van die M-Net-program Carte Blanche. Sedert 2007 doen sy vryskutwerk in die kommunikasie- en mediabedryf. Sy het in 2011 ’n eredoktorsgraad van die Universiteit Stellenbosch ontvang vir haar werk as joernalis.

    Ruda Landman

  • Salie de Swardt

    Salie de Swardt

    Salie (74) het die grade BAHons en BEcon aan die Universiteit Stellenbosch verwerf en was ’n Nieman-genoot aan Harvard-universiteit. Hy was redakteur van Beeld, stigtersredakteur van Finansies & Tegniek (nou FinWeek), uitvoerende hoof van Media24 Tydskrifte en vanaf 2000 tot met sy aftrede in 2005 besturende direkteur van Media24.

    Salie de Swardt

  • Debra Meyer

    Debra Meyer

    Debra (51) is ’n professor in biochemie en uitvoerende dekaan van die fakulteit natuurwetenskappe aan die Universiteit van Johannesburg. Sy was ’n Fulbrightbeurshouer aan die universiteit van Kalifornië, Davis, waar sy ’n PhD-graad in biochemie en molekulêre biologie verwerf het. Sy het modules in mediastrategie en akademiese leierskap by Harvard en Gibs (die Universiteit van Pretoria se sakeskool) voltooi. Debra dien as trustee of raadslid in verskeie organisasies.

    Debra Meyer

  • Trevor Petersen

    Trevor Petersen

    Trevor (62) is ’n geoktrooieerde rekenmeester met meer as 30 jaar se ondervinding. Hy het die graad BComHons (fi nansiële bestuur) aan die Universiteit van Kaapstad verwerf. Hy was ’n uitvoerende vennoot by PricewaterhouseCoopers Geïnk. en dien tans in die raad van Mediclinic International plc.

    Trevor Petersen

  • Jo-Ann Held (née Strauss)

    Jo-Ann Held (née Strauss)

    Jo-Ann (37) het die graad BComRegte aan die Universiteit Stellenbosch verwerf. Sy is ’n media-entrepreneur wat 17 jaar reeds TV-programme en aanlynmedia-bedrywighede aanbied en vervaardig. Sy is ’n welwillendheidsambassadeur vir Unicef en dien in die direksies van Partnership Investments, die adviesraad van die Universiteit Stellenbosch se sakeskool, Village and Life en M&C Saatchi Abel.

    Jo-Ann Held (née Strauss)

  • Koos Bekker

    Koos Bekker

    Koos (65) het die span gelei wat die betaaltelevisie-onderneming M-Net/MultiChoice in 1985 gestig het en was ook ’n stigter van die selfoongroep MTN. Koos het die MIH-groep in sy internasionale uitbreiding en toetrede tot die internet aangevoer tot in 1997, toe hy uitvoerende hoof van Naspers word. Hy het in 2014 uitgetree. Hy dien in die direksies van maatskappye in die wyer groep. In 2015 het hy nie-uitvoerende voorsitter van Naspers geword. Sy akademiese kwalifi kasies sluit BAHons en ’n eredoktorsgraad in handel van die Universiteit Stellenbosch, LLB van die Universiteit van die Witwatersrand en MBA van die Columbia-universiteit in New York in.

    Koos Bekker

  • Manie Mayman

    Manie Mayman

    Manie (63) is ’n geoktrooieerde rekenmeester en het die grade BComptRekHons en BComHons (fi nansiële bestuur) deur Unisa verwerf. Hy is ’n voormalige fi nansiële direkteur van BP Suider-Afrika Eiendoms Beperk. Hy was tot November 2016 Media24 se uitvoerende direkteur verantwoordelik vir die fi nansiële funksie en is op 1 April 2017 as ’n nie-uitvoerende direkteur aangestel. Manie is op 1 November 2017 as die waarnemende fi nansiële hoof van die Media24-groep aangestel.

    Manie Mayman