Hierdie bepalings en voorwaardes, tesame met ons Privaatheidsbeleid en Gebruikersvoorwaardes (gesamentlik die “Voorwaardes“) vorm ’n geskrewe kontrak tussen jou en 24.com, ’n afdeling van Media24 Eiendoms Beperk (waarna hierin verwys word as “Media24” en “ons“), en bepaal ons verhouding asook jou gebruik van ons platforms en/of dienskanale. Wanneer ons na “Platforms” verwys, verwys ons na al ons webtuistes, mobiele webtuistes, mobiele toepassings, e-pos, sosiale media-platforms of enige ander tegnologie of meganisme wat jy mag gebruik om met ons te skakel. “Dienskanale” verwys na enige produkte, goedere, dienste of funksionaliteit wat deur Media24 via ons Platforms aangebied, besit of bedryf word.
Jy kan ’n anonieme besoeker, geregistreerde gebruiker of intekenaar op ons Platforms wees; dit mag verskil, afhangend van die Platform wat jy gebruik.
’n Geregistreerde gebruiker is ’n gebruiker wat op ons Platforms geregistreer het en toegang het tot gratis inhoud en ander gratis kenmerke.
’n Intekenaar is ’n gebruiker wat ingeteken het en ’n intekenaarsfooi betaal, en toegang het tot alle inhoud en betaalde kenmerke.
’n Anonieme gebruiker is nie ’n geregistreerde gebruiker of intekenaar nie. In hierdie Voorwaardes verwys “gebruikers” na anonieme gebruikers, geregistreerde gebruikers en intekenaars.
Algemene gebruik van ons Dienskanale, Platforms en ander inhoud op ons Platforms word bepaal deur ons Voorwaardes. “Inhoud” verwys na enige inligting, data, lêers, teks, sagteware, musiek, klank, foto’s, grafika, tekeninge, video, boodskappe, kommentaar, hiperskakel of merker en ander materiaal wat op ons Platforms of Dienskanale verskyn, asook alle toepaslike kopiereg, handelsmerke, patente, logo’s of ander intellektuele eiendomsreg.
Ons mag van tyd tot tyd die Voorwaardes aanpas. Die gewysigde weergawe sal op ons Platforms verskyn en in werking tree vanaf die datum van publikasie. Dit is jou verantwoordelikheid om gereeld ons Platforms te besoek en die Voorwaardes na te gaan vir veranderings of bywerkings. Elke keer wanneer jy ons Platforms en/of Dienskanale gebruik nadat ons veranderinge gepubliseer het, bevestig jy dat jy gebonde is aan die Voorwaardes.
Van tyd tot tyd kan bykomende reëls of voorwaardes by sommige van ons Platforms en/of Dienskanale gevoeg word wat van toepassing kan wees op spesifieke Dienskanale wat jy gebruik of op ingeteken is. Deur van hierdie dienste gebruik te maak, bevestig jy dat jy gebonde is aan die bykomende reëls en/of voorwaardes.
ONS INHOUD
Media24 besit of is geregtig op die gebruik van alle Inhoud wat op ons Platforms of deur ons Dienskanale beskikbaar gestel word.
Jy mag nie, buiten met ons uitdruklike toestemming, –
Jy mag enige van die Inhoud op ons Platforms of Dienskanale herwin, stoor, aanhaal of na verwys vir opvoedkundige, navorsings-, nie-kommersiële, private of persoonlike doeleindes, soos uiteengesit in Suid-Afrikaanse kopieregwetgewing.
Die gebruik van Inhoud in elektroniese knipseldienste of verpersoonlikte nuusdienste sal slegs toegelaat word indien dit –
Gebruik van Inhoud deur samevoegers van nuus sal slegs toegelaat word indien hulle –
Die berging van Platforms in ’n tussengeheue sal slegs met ons geskrewe toestemming toegelaat word indien –
Jy mag klein en redelike hoeveelhede van die Inhoud op ons Platforms aanhaal, slegs indien dit binne aanhalingstekens verskyn, die skrywer erken word en ’n hiperskakel na die oorspronklike Inhoud as voetnota verskaf word.
Alle lisensies en/of toestemmings wat as deel van hierdie klousule toegestaan word, is nie-inklusief en nie-oordraagbaar en kan enige tyd sonder redes deur ons beëindig word.
JOU INHOUD
Jy behou eienaarskap van enige oorspronklike Inhoud wat jy oplaai, stuur of berg wanneer jy van ons Platforms of Dienskanale gebruik maak.
Media24 besit alle kompilasies, versamelwerke of afgeleide skeppings wat deur ons geskep is en van jou Inhoud bevat.
Jy gee ons onherroeplike, onbepaalde, wêreldwye en tantieme-vrye reg en vergunning om Inhoud wat jy mag oplaai of beskikbaar stel vir gebruik op openbare dele van ons Platforms of deur ons Dienskanale, op enige medium te gebruik, dit in die openbaar te vertoon, te publiseer, in die openbaar op te voer, te reproduseer, versprei, uitsaai, verwerk, aanpas en bemark.
Enige inhoud wat jy op dele van ons Platforms of Dienskanale met openbare toegang plaas of daarheen stuur, word as nie-vertroulik en nie-besittend geag. Ons het geen verpligting ten opsigte van sulke inhoud nie.
Jy stem in om ons Gebruikersvoorwaardes na te kom wanneer jy enige inhoud of materiaal op ons Platforms of Dienskanale plaas of daarheen stuur.
Alle inligting wat jy oplaai of met ons deel, moet waar, akkuraat, aktueel en volledig wees.
Jy waarborg dat jy gemagtig is om sodanige inhoud aan ons te verskaf.
Om die integriteit van ons argiewe te beskerm, laat ons jou nie toe om inhoud wat deur jou verskaf is te verwyder nadat dit op of in enige van ons platforms of publikasies gepubliseer is nie.
DERDEPARTY-INHOUD
Ons Platforms of Dienskanale mag van tyd tot tyd Inhoud of reklame van derde partye en/of eksterne skakels na ander webwerwe met hul eie inhoud bevat (“Derdeparty-inhoud”).
Jy erken dat Derdeparty-inhoud –
PUBLIKASIESKEDULES
Publikasies word volgens wisselende skedules gepubliseer. Dit kan weekliks, tweeweekliks, maandeliks, kwartaalliks, ensovoorts gepubliseer word. Soms word die publisering van sekere publikasies met ’n paar weke of maande oorgeslaan. Ons sal ons bes doen om die huidige publikasieskedules van die beskikbare publikasies aan te toon. Aangesien die skedules egter deur die uitgewers en nie deur ons bestuur word nie, kan afleweringstye verskil van dit wat aangedui is.
LUISTER NA ARTIKELS: TEKS NA STEM
Jy het ’n aktiewe intekening nodig om na artikels te luister. Daar is ’n mediaspeler onder die opskrif van elke artikel wat jy kan gebruik as jy verkies dat die nuus hardop aan jou voorgelees word. Indien jy nie ’n aktiewe intekening het nie, kan jy die speler sien, maar sal jy gevra word om in te teken sodra jy daarop klik.
Jy word nie toegelaat om ‘n klankopname van die voorlesing van die artikels te maak nie.
GEDEELDE ARTIKELS
Alle aktiewe intekenaars kan elke maand vyf (5) artikels aan iemand skenk wat nie ’n intekenaar is nie (soos vriende en familie). Jy het net die ontvanger(s) waarheen jy die artikels wil stuur, se e-posadres nodig. Die ontvangers sal in staat wees om geslote artikels vyf (5) keer te lees voordat hulle gevra word om in te teken.
BEPERKING VAN SESSIES
Slegs vyf (5) samelopende sessies word toegelaat. Dit beteken gebruikers kan net vyf (5) samelopende sessies op verskillende toestelle hê.
GESLOTE ARTIKELS
Daar is artikels dwarsoor ons Platforms waartoe slegs intekenaars toegang het. Hulle kan die volledige berig lees en gebruik maak van spesiale kenmerke binne daardie artikels.
E-PUBLIKASIES (PDF)
Intekenaars het toegang tot uitgesoekte e-uitgawes in PDF-formaat. E-uitgawes is slegs vir gebruik deur intekenaars en mag nie gedeel of as geskenke weggegee word nie.
Toegang tot e-uitgawes in die argief geld slegs vir uitgesoekte uitgawes, gegrond op hoe gereeld die bepaalde publikasie verskyn.
Jy stem in dat Media24 of sy sustermaatskappye van tyd tot tyd met jou mag kommunikeer (insluitend redaksionele nuusbriewe, inligting oor nuwe dienste of produkte asook spesiale aanbiedings of afslag waarvoor Media24 namens gebruikers onderhandel). Alle kommunikasie is onderworpe aan ons Privaatheidsbeleid en toepaslike wetgewing. Jy het die volle reg om ons skriftelik in kennis te stel indien jy nie sulke kommunikasie wil ontvang nie.
Jy sal ook van tyd tot tyd dienskommunikasie van ons ontvang. Hierdie kommunikasie is nodig om jou Dienste te bestuur. Terwyl jy van die Dienste gebruik maak, sal jy nie kan aanvra om nie die kommunikasie te ontvang nie.
In die geval van ’n geskil mag jy enige ander relevante instansie of liggaam wat geskille oplos, nader of die kwessie vir arbitrasie verwys, soos hieronder uiteengesit.
Jy stem in dat enige geskil tussen ons verwys sal word vir arbitrasie en uiteindelik beslis sal word in ooreenstemming met die reëls van die Arbitrasie-stigting van Suidelike Afrika. Beslissing sal in Kaapstad of Johannesburg plaasvind met Engels as taalmedium voor ’n arbiter wat volgens die genoemde reëls aangewys is. Die beslissing is finaal en daar kan nie daarteen appèl aangeteken word nie. Die arbitrasie-ooreenkoms sal afdwingbaar wees en bevindings oor enige toekennings kan in enige hof in enige land met toepaslike jurisdiksie bepaal word. Daar sal aanvaar word ’n dispuut het ontstaan, wanneer enige van die partye die ander skriftelik daarvan in kennis stel.
Die arbiter het die mag om self te besluit indien enige van die partye nie teen die bepaalde datum ’n akte van onderwerping indien of nie by die arbitrasie opdaag nie.
Die bepalings soos hierbo uiteengesit, verhoed nie enige party om enige hof of bekwame jurisdiksie te nader vir interim of ander verligting in sake wat dringend is nie.
Jy moet enige kennisgewing of dokumente te make met ’n geregtelik proses wat met die Voorwaardes verband hou, na die volgende adres stuur: 24.com, 13de Vloer, Heerengrachtstraat 40, Kaapstad, 8000.
Ons mag dienste en produkte van derde partye aanbied, of ons eie Dienste in oorleg met derde partye.
Ons verskaf sulke dienste en produkte onderhewig aan bepalings, voorwaardes en beperkings wat deur die derde partye voorgeskryf word.
Indien derde partye hul dienste of produkte verander, opskort of nie meer aanbied nie, kan ons dieselfde doen. Ons sal nietemin ons bes probeer om die diens op ’n ander manier te lewer of ’n ander verskaffer of diensverskaffer in die hande te kry.
Wanneer jy dienste of produkte op enige van ons Platforms of Dienskanale deur ’n derde party bekom, verstaan jy en stem in dat –
Enige gebruikersnaam, wagwoord of ander aanmeldbesonderhede wat aan jou toegeken word of deur jou geskep word wanneer jy inteken op ons Platforms en Dienskanale (“Gebruiker-ID”), stel jou in staat om toegang tot die Platforms of Dienskanale te verkry, mits jy by die Voorwaardes hou.
Jou Gebruiker-ID is persoonlik. Jy –
Hoewel jou Gebruiker-ID persoonlik is, besit ons dit. Jy mag dit dus nie verkoop of andersins die voordele daarvan aan iemand anders oordra nie.
Wanneer hierdie ooreenkoms eindig, het jy ook geen meer sê oor jou Gebruiker-ID nie.
Hoewel ons probeer verseker dat ons Platforms en Dienskanale normaalweg 24 uur per dag beskikbaar is, kan ons om geen rede aanspreeklik gehou word indien die Platforms of Dienskanale te enige tyd of vir ’n sekere tydperk ontoeganklik is nie.
Toegang tot ons Platforms of Dienskanale mag tydelik sonder kennisgewing opgeskort word in die geval van ’n stelselfaling, instandhouding of herstelwerk weens redes buite ons beheer. Sommige van ons Platforms en/of Dienste mag van tyd tot tyd bykomende reëls of voorwaardes bykry, wat relevant mag wees tot die spesifieke Dienste wat jy gebruik of op ingeteken is. Deur hierdie Dienste te gebruik, stem jy in om verbonde te wees tot hierdie bykomende reëls en/of voorwaardes.
Ons behou die reg voor om enige Platform of Diens aan te pas, op te skort of te beëindig, of enige ander aspek daarvan, insluitend maar nie beperk nie tot beskikbare inhoud, tye van beskikbaarheid of beskikbaarheid van toerusting wat nodig is om daartoe toegang te verkry of dit te gebruik.
Ons is geregtig om die nodige en redelike stappe te neem om die veiligheid en betroubaarheid van ons platforms en/of dienste te beskerm.
Kliënte mag nie ons platforms of dienste op enige manier gebruik wat die veiligheid van ons netwerk of enige ander netwerk wat aan ons netwerk gekoppel is, kan benadeel nie.
Ons neem redelike stappe om kliënte se betalingsinligting te beveilig. Ons gebruik ‘n betaalstelsel wat na ons redelike mening voldoende veilig is met verwysing na aanvaarde tegnologiese standaarde en die soort transaksie wat betrokke is.
Sommige van ons prosesseringsaktiwiteite word buite die Republiek van Suid-Afrika aangebied ooreenkomstig artikel 72 (1) van die Wet op die Beskerming van Persoonlike Inligting.
Ons werk voortdurend daaraan om ons gebruikers se ervaring te verbeter. Dit sluit die voorkeurvermoë vir webkoekies in. Jy kan webkoekies self verwyder of onaktief maak, maar dit kan die werking en funksionaliteit van ons platforms en/of dienste nadelig beïnvloed. Inligting oor die bestuur van webkoekies is beskikbaar in ons webkoekiebeleid.
Ons is nie buite die Republiek van Suid-Afrika gevestig nie. Hoewel ons platforms en/of dienste wêreldwyd toeganklik is, is ons nie spesifiek gerig op gebruikers buite die Republiek van Suid-Afrika nie.
Ons het ‘n nie-verpersoonlikte advertensie-instelling binne Google vir almal wat toegang tot ons platforms en/of dienste vanaf die Europese Unie (EU) en die Verenigde Koninkryk (UK) verkry. Dit is van toepassing op beide direkte veldtogte en openbare uitruiladvertensies, en verbied alle toespitsing en hertoespitsing op teikengroepe op grond van persoonlike inligting.
Ons hanteer jou persoonlike inligting ooreenkomstig die bepalings van die Media24-privaatheidsbeleid wat die Media24-webkoekiebeleid omsluit.
Ons behou die reg voor om intekeningfooie aan te pas, maar sal jou altyd van sulke aanpassings verwittig voordat dit in werking gestel word. Sou dit gebeur, sal jy op jou ingeskrewe e-posadres in kennis gestel word. Sou jy nie die aangepaste intekeningfooi aanvaar nie, kan jy jou intekening op die Diens aanlyn beëindig. Jou intekening op die Diens sal verstryk aan die einde van die tydperk waarvoor jy die intekeningfooi betaal het.
Die digitale uitgewer mag die intekeningpakkette aanpas om kenmerke en/of inhoud ooreenkomstig met die sakemodel by te voeg of te verwyder.
Die digitale uitgewer behou die reg voor om titels by die intekeningpakket(te) te voeg of te verwyder.
BONDEL-SPESIFIEKE BEPALINGS
Bondelstruktuur en onderlinge afhanklikheid
Integrasie met derdepartydienste
VERBETERDE FAKTURERING EN BETALINGSVOORWAARDES
Bondelprys en pro-rata-fakturering
Aktivering van diens
BEPALINGS VIR BONDEL-SPESIFIEKE KANSELLASIE
Onderlinge kansellasiebeleid
Afgraderingsbeperkings
GEBRUIKERSGESKIKTHEID EN -BEPERKINGS
Ouderdomsvereistes
Beperkings op persoonlike gebruik
INTELLEKTUELE EIENDOM EN INHOUDSGEBRUIK
NYT-inhoudsbeperkings
Beskerming van intellektuele eiendom
REGSGELDIGHEID EN NAKOMING
Regsmag en beslegting van geskille
Dataprivaatheid en internasionale nakoming
DIENSBEPERKINGS EN -PRESTASIE
Diensbeskikbaarheid
Veiligheid van aktiveringskodes
VERBETERDE BEËINDIGINGSVOORWAARDES
Onmiddellike beëindiging
Gevolge van beëindiging
AANSPREEKLIKHEID EN VRYWARING
Vrywaringsverpligting
Intekenare vrywaar Netwerk24 teen enige eise wat voortspruit uit hul gebruik van die dienste op ’n wyse wat strydig met hierdie bepalings is.
Verbeterde aanspreeklikheidsbeperkings
ALGEMENE BEPALINGS
Hiërargie van ooreenkomste
Wysigings en bywerking
Algemene Promosie-aanbiedings is slegs beskikbaar aan nuwe intekenare op web- en mobiele apps.
Intekenare sal vir ’n beperkte tydperk afslag ontvang, waarna die normale intekeningfooi outomaties verhaal sal word, indien die intekening nie beëindig word nie.
Intekenare sal slegs ’n spesifieke promosiekode kan gebruik.
Retensie- of lojaliteits-promosies mag aan huidige intekenare gebied word op ’n spesifieke promosie-aanbod om hul intekening op ’n bestaande promosie-aanbod teen ’n nuwe prys te verleng of aan intekenare op die standaardprys. Dié aanbiedinge word regstreeks aan ’n spesifieke groep intekenare gebied en slegs dié groep kan dit benut. Die aanbod is nie oordraagbaar nie en geld net vir ’n spesifieke tydperk. Die aanbod kan net benut word terwyl ’n intekening nog aktief is en binne ’n maand outomaties hernu en nie nadat ’n intekening gekanselleer is nie. Beperkings en voorwaardes rakende betaalmetodes is van toepassing.
Betalings kan met krediet- of debietkaart gedoen word, per debietorder, via die Apple App-winkel en Google App-winkel. Die lys van beskikbare betalingsmetodes mag na die digitale uitgewer se goeddunke aangepas word. Jy sal van ander betalingsmetodes verwittig word sodra dit beskikbaar raak.
Intekenare sal nie toegelaat word om van betalingsmetode te verander terwyl die intekening nog aktief is nie.
In sommige gevalle mag die betaaldatum verander, byvoorbeeld wanneer jou betalingsmetode nie suksesvol was nie of jou betaalde intekening op ’n dag begin het wat nie ooreenstem met jou geselekteerde betaaldatum nie.
In die geval van ’n wanbetaling omdat ’n gebruiker nie sy intekening gedurende die kansellasievenster beëindig het nie, behou die digitale uitgewer die reg voor om die agterstallige betaling saam met die verskuldigde betaling te verhaal.
Indien ’n betaling nie op die betaaldatum deurgaan nie, sal verdere invorderingspogings aangewend word gedurende ten minste een betaalsiklus. Sou alle pogings onsuksesvol wees, sal die rekening gevries word.
Jy is verantwoordelik vir enige onbetaalde bedrae. Indien ’n betaling nie suksesvol deurgaan nie, weens verstryking, onvoldoende fondse, of enige ander rede, en jy sluit nie jou rekening nie, mag ons jou toegang tot die diens opskort totdat ons ’n suksesvolle betaling deur ’n geldige betalingsmetode ontvang het. Vir sekere betalingsmetodes mag die uitreiker sekere fooie hef, soos byvoorbeeld buitelandse transaksiefooie of ander fooie te make met die verwerking van jou betalingsmetode. Plaaslike belastingheffings mag verskil, afhangend van die betalingsmetode. Vind meer hieroor uit by jou betalingsmetodediensverskaffer.
Maandelikse Betalings
Intekeningfooie sal maandeliks outomaties volgens jou verkose betalingsmetode verhaal word, op die spesifieke betaaldatum wat aangedui is toe jy ingeteken het. Maak asseblief seker dat die nodige fondse beskikbaar is vir jou verkose betalingsmetode.
Voorbetalings
Voorbetalings is beskikbaar vir nuwe intekenare op die rekenaar- en mobiele webtuiste.
Intekenare sal vooraf vir hul intekening betaal en daarna sal herhalende betalings in werking tree en outomaties afgetrek word indien die intekening nie beëindig word nie.
Indien ’n intekenaar suksesvol vir die tydperk (6 Maande, 12 Maande) betaal het en kanselleer, sal die intekening eindig aan die einde van die tydperk waarvoor daar reeds betaal is.
‘n Multi-periode intekening kan slegs beëinig word deur die inbelsentrum te kontak:
Die intekenaar moet uitdruklik en op skrif ’n terugbetaling vir die uitstaande tydperk aanvra.
Die aktiewe termyn (getal maande) van die intekening sal van die oorspronklike bedrag wat betaal is, afgetrek word wanneer die terugbetaling verwerk word.
Kansellasie van die intekening sal 20 werksdae nadat die versoek ontvang is, in werking tree.
Die intekenaar sal betaal tot die laaste aktiewe dag van die intekening en sal ’n pro rata-terugbetaling ontvang vir die res van die aanvanklike intekeningtydperk.
Die digitale uitgewer mag ’n redelike kansellasieboete hef om te vergoed vir enige afslag wat aan die verbruiker toegestaan is toe daar aanvaar is dat die ooreenkoms vir die voorgenome vasgestelde termyn sal volstaan.
Jy kan jou intekening op ’n Diens op enige tydstip beëindig deur by jou profiel aan te meld en dit daar te doen.
Ons kan jou intekening op die diens beëindig –
Sou jou intekening vir welke rede ook al opgeskort of beëindig word, sal jy nie verdere toegang tot intekenaarsinhoud of spesiale kenmerke hê nie.
Jy moet alle gelde en koste betaal wat jy tot met die beëindigingsdatum aangegaan het.
Jy maak op eie risiko gebruik van ons Platforms en Dienste.
Hoewel ons poog om te verseker dat al die inligting op ons Platforms of Dienskanale korrek is, kan ons nie die akkuraatheid en volledigheid van die Inhoud waarborg nie, of dat die Inhoud en tegnologie wat op ons Platforms en Dienskanale beskikbaar is, nie foute of weglatings bevat nie.
Ons kan enige tyd sonder waarskuwing veranderinge aan die Inhoud op ons Platforms of Dienskanale aanbring. Die Inhoud van ons Platforms of Dienskanale mag oud wees, en in hierdie opsig kan ons nie onderneem om dit by te werk nie.
Onderhewig aan wetgewing, kan ons nie aanspreeklik gehou word vir enige denkbare skade wat gely of aangegaan is, met betrekking tot die gebruik van, of die onvermoë om toegang te verkry tot die Inhoud van Platforms of Dienskanale, nie.
Ons Platforms en Dienskanale word “voetstoots” verskaf en word nie saamgestel of aangebied om in enige gebruiker se individuele behoeftes te voorsien nie. Dit is jou eie verantwoordelikheid om, voordat jy hierdie ooreenkoms met ons aangaan, seker te maak dat die Dienste wat op of deur ons Platforms verskaf word, in jou individuele behoeftes voorsien en versoenbaar is met jou harde- en/of sagteware.
Inligting, idees en menings wat op ons Platforms of Dienskanale geopper word, moet nie as professionele advies of ons amptelike mening geag word nie en jy word aangemoedig om professionele advies in te win alvorens jy stappe neem rakende inligting, idees of menings op ons Platforms of Dienskanale.
Indiening van Inhoud (soos bydraes tot blogs en kommentaar op artikels wat geplaas is), plasings van enige aard op ons Platforms of Dienskanale en e-posse wat na ons Platforms of Dienskanale gestuur word, word nie redaksioneel deur ons beheer nie en daarom kan ons nie verantwoordelik gehou word vir onwettige of ongrondwetlike inhoud (insluitend, maar nie beperk tot lasterlike en skadelike inhoud) nie.
Hierdie Voorwaardes is die enigste rekord van die ooreenkoms tussen jou en ons. Nie een van ons word gebind deur enige uitdruklike, stilswyende of geïmpliseerde voorstelling of waarborg wat nie in hierdie Voorwaardes opgeteken is nie.
Jy kan nie Voorwaardes in hierdie ooreenkoms beëindig of aanpas bloot deur die stuur van ’n databoodskap na ons Platforms of die gebruik van ons Dienskanale nie.
Media24 mag volgens die Voorwaardes regte en verpligtinge na ’n derde party oordra sonder jou toestemming.
Jy mag volgens die Voorwaardes nie jou regte en verpligtinge aan ’n derde party oordra sonder Media24 se toestemming nie.
Indien enige bepaling van hierdie Voorwaardes om die een of ander rede nie afdwingbaar is nie, sal die onafdwingbare aspek van daardie bepaling hanteer word asof dit nie by die Voorwaardes ingesluit is nie. Die oorblywende bepalings van die Voorwaardes sal geldig bly.
Alle bepalings van hierdie Voorwaardes moet as onvoorwaardelik beskou word om te verseker dat daar voldoen word aan die voorwaardes van die Wet op Gebruikersbeskerming, 2008.
Hierdie Voorwaardes is onderhewig aan en word uitgelê ooreenkomstig met die wette van die Republiek van Suid-Afrika. Jy onderwerp jou aan die eksklusiewe jurisdiksie van die howe van die Republiek van Suid-Afrika oor enige dispuut oor die Dienste of die Voorwaardes.
Jy gee toestemming dat ons enige korrespondensie wat jy aan ons werknemers stuur of op ons Platforms en Dienskanale plaas, mag onderskep of monitor. Deur toestemming te gee aanvaar jy dat jy onderhewig is aan enige “skriftelike” voorwaardes soos deur die wet uiteengesit.
Media24 Eiendoms Beperk (registrasienommer 1950/038385/07) is ’n maatskappy wat in die Republiek van Suid-Afrika geregistreer is.
Media24 is ’n lid van IAB Suid-Afrika (www.iabsa.net) en die Digitale Media en Bemarkingsvereniging (www.dmma.co.za).
’n Lys van ampsdraers is beskikbaar op www.naspers.co.za.