Kontak ons

Reik uit na Media24. Ons sal graag van hulp wees.

Advertensies

Kies asseblief die korrekte bestemming vir jou versoek uit die lys hieronder.

(tariefkaarte, rekeninge, besprekings, betalings, fakture en afskrifte van ou fakture, materiaal-spesifikasies ens):

Drukmedia-portefeulje

Die Burger Logo

 

Algemene advertensies

dieburgerads@media24.com

Geklassifiseerde advertensies
(Gesins- en regskennisgewings, vakante poste, tenders ens)

privaat@dieburger.com

087 353 1322

 

Advertensies

sonads@son.co.za

087 353 1318

Regskennisgewings

(Alle streke, uitgesluit Wes- en Oos-Kaap, waarvoor bostaande adresse gebruik moet word)

E-pos: legals@media24.com 

Intekeninge

Stuur asseblief alle navrae – huis- en besigheidsaflewerings/nie-aflewerings, wagwoorde en aanlynaktiverings, toegang tot titels en dienste, koste, betalings, debietorders en aftrekkings van jou bankrekening, ens. – na die toepaslike kontak hier onder:

Subskripsies Kontakbesonderhede

Algemeen

Inbelsentrum: 087 353 1300 (kantoorure)
WhatsApp: 087 353 1287
SMS: “Service” na 31069

Nuwe intekeninge

Hernuwing van intekeninge

Digitale nuusintekeninge:
(alle tegniese probleme, bv toegang, rekeninge, aanmeld ens)

Netwerk24: diens@netwerk24.com
News24: subs@news24.com

Koerante en tydskrifte:
Persoonlike en besigheids-intekeninge: 

Persoonlike en besigheids-intekeninge: Aflewerings, veranderinge, navrae oor tekeninge, terugbetalings, ou eksemplate en kansellasies (tydelik en andersins, ook vir boedels): intekenare@media24.com

Koerante en tydskrifte:
Kleinhandel: 

Beskikbaarheid, aflewerings, rekeninge, fakture (huidige en vorige), betalings, terugbetalings: assistance@media24.com

Drukmedia-portefeulje (streeks- en nisadvertensies):

Skakel asb regstreeks met die publikasie of sake-eenheid soos hieronder aangedui

Etiese joernalistiek

Rig asb klagte en kommentaar oor redaksionele inhoud regstreeks aan die onderskeie redakteurs, Theresa.olivier@media24.com by Netwerk24 (ook alle Afrikaanse koerante), of News24 en die gemeenskapskoerante se ombudsman. Klik hier om die Persombud by die Press Council of South Africa te kontak.
Om kopieregskendings of die vermoedelik onwettige verspreiding van ons publikasies aan te meld, stuur ‘n e-pos aan Report@media24.com.
Indien jy enige onetiese gedrag of optrede by Media24 vermoed, rapporteer dit asb hier of bel 0800 999 877.

Beurse

Ons bied beurse aan vir nagraadse studie in die joernalistiek by Wits, NWU, Stellenbosch en Rhodes of vir studente in sagteware ingenieurswese. Vir meer inligting, doen asb regstreeks by hierdie joernalistiekdepartemente, of by die ander universiteite navraag. Ons bied geen beurse vir studente in ‘n ander studierigting, of enige ander ondergraadse studies nie.

Borgskappe

Media24 verskaf nie borgskappe vir geleenthede of projekte wat buite die raamwerk van ons bestaande sosiale projekte val nie (soos hier onder in die aparte afdeling daaroor genoem), en sluit ook nie as ‘n korporatiewe entiteit enige mediavennootskappe nie, en nog minder namens ons handelsmerke.

Stuur asb versoeke vir eksemplare van tydskrifte vir liefdadigheidsgeleenthede en -fondsinsamelings aan yumna.tofey@media24.com by die Leefstyl-afdeling. Let asb daarop dat die grootste deel van ons tydskrifte-portefeulje nou tweemaandeliks verskyn en nie meer maandeliks nie. Gevolglik is daar net klein hoeveelhede onverkoopte eksemplare of ou uitgawes van tydskrifte vir skenkings beskikbaar. Versoeke word verwerk op die basis van eerste kom, eerste maal en is streng onderhewig aan beskikbaarheid en die aard van die geleentheid/projek.

B-BBEE Sertifikaat

Die nuutste sertifikaat is hier beskikbaar vir aflaai.

Fakture/betalingsbewyse

Stuur asb navrae of betalingsbewyse na die departement/persoon wat op die faktuur aangedui word. Die korporatiewe kantoor het geen toegang tot die operasionele eenhede se stelsels nie en kan daarom nie die betalingsbewys/e verwerk of na die toepaslike (en regte) afdeling aanstuur nie

Geskenke

Media24 as korporatiewe entiteit gee nie geskenke aan personeel nie, en die publikasies het toegang tot voltydse personeel wat ook vir kliënte ontwerp- en bemarkingsdienste doen en TV produksiegeriew en -kapasiteit. Ons ook ‘n eie voltydse span in diens wat na die geboue en onderhoud daarvan (insluitend die skoonmaakdienste) omsien, asook kontrakte met tegnologie- en ander IT-verwante diensversakaffers wat al lank in plek is (insluitende die veilige verwerking van elektroniese afval). Die verkryging word nie sentraal gedoen nie, die korporatiewe kantoor is daarby betrokke nie en ons stuur ook nie uit hierdie e-posbus enige voorstelle en navrae na die onderskeie afdelings aan nie.

Loopbane by Media24

Vakatures word daagliks opdateer
Gaan na media24.simplify.hr om alle huidige posisies te sien. Aansoeke en CV’s wat by die algemene posbus ingedien word, sal nie na verwerk of na die onderskeie afdelings aangestuur word nie. Alle aansoeke moet ingedien word via die skakels wat in die vakaturelys verskaf word. Vir tegniese probleme met die Loopbane-afdeling, stuur asseblief ‘n e-pos aan HRAdmin@media24.com. (Hierdie posbus sal ook nie aansoeke of CV-voorleggings aanvaar nie.) Vir vryskut-geleenthede, gesels asb regstreeks met die onderskeie publikasies. Hul kontakbesonderhede is onder “Handelsmerke” op www.media24.com.

Internskappe en werkskadu:
Media24 het nie ‘n formele program vir enige van die twee nie. Kontak asseblief regstreeks ‘n publikasie / sake-eenheid in jou area om uit te vind of hulle jou kan akkommodeer.

MH

Om ‘n IRP5 (slegs voormalige werknemers) aan te vra,  stuur ‘n e-pos aan HRAdmin@media24.com.

Pryse

Alle kompetisies, geleenthede en spesiale aanbiedinge word onafhanklik van die korporatiewe kantoor deur die onderskeie operasionele afdelings hanteer. Ons het ook nie toegang tot hul almanak of stelsels nie. Rig asb alle verwante navrae hieroor aan die publikasie(s)/platforms self. Hul kontakbesonderhede word elders op hierdie blad genoem.

Redaksioneel/Inhoud

Kontak asseblief die handelsmerke regstreeks vir alle mediavrystellings, OB-skakeling, uitnodigings na geleenthede, nuuswenke, inhoud/storie of boekvoorstelle en voorleggings, mediavennootskapvoorstelle, skenkings van publikasies vir fondsinsameling / liefdadigheidsaksies / sosiale geleenthede, kopieregversoeke en argiefmateriaal. Die korporatiewe kantoor is nie betrokke by enige redaksionele besluite nie. So ook hanteer dit nie enige klagte oor inhoud wat in ‘n publikasie/ op ‘n platform gepubliseer word, briewe aan die onderskeie redakteurs en enige ander kommentaar nie.

Die publikasies/platforms se kontakbesonderhede is beskikbaar onder die “Brands”-blad van hierdie webwerf (kliek hier vir koerante of tydskrifte). Vir ons digitale eiendomme, kontak asseblief vir News24 by feedback@news24.com en Netwerk24 by nuus@netwerk24.com. Die onderskeie boekuitgeweryafdelings word gelys – met skakels – in die “Boeke”-afdeling van die “Handelsmerke”-bestemmingsblad.

Sakevoorstelle En Vennootskappe

Media24 verskaf nie befondsing vir individue, nuwe ondernemings of nuwe media-produkte nie, en oorweeg baie selde vennootskappe wat nie deur die onderskeie sake-eenhede voorgelê word nie. Besluite oor mediavennootskappe vir groot geleenthede word nie sentraal geneem nie; kontak dus die sake-eenhede/publikasies of kanale regstreeks.

Ons oorweeg ook nie enige sakevoorstelle wat daarop gemik ons om ons huidige portefeulje van media-produkte uit te brei nie.

Stuur asb alle voorstelle vir TV-programme regstreeks aan die TV-afdeling:

https://www.media24.com/brands/lifestyle-tv/

Welkom Yizani-Aandele

Aandeelhouers van Welkom Yizani het Media24 se kontantaanbod aanvaar om al die aandele uit te koop op ‘n spesiale algemene vergadering gehou op 22 Januarie 2021. Die transaksie is beklink, Welkom Yizani is van die Equity Express Sekuriteitebeurs (EESE) gedenoteer en die skema is ontbind .

Alle Welkom Yizani-aandeelhouers wat nog nie deur die oordragsekretarisse gekontak is nie, kontak asb Singular Services by 0860 12 12 24 of stuur e-pos na welkomyizani@singularservices.co.za vir meer inligting.

Klik hier vir toegang tot die Welkom Yizani-webwerf.

 

Winkel

Media24 Lifestyle het ‘n aanlynwinkel wat tydskrifte uit ons hoofportefeulje verkoop, sowel as selfstandige/handelsmerkuitbreidings en ander spesiale-belangstelling publikasies (bv. Blokraaie). Besoek die winkel hier, of kontak hulle by shop@media24.com.

Sosiale Impak

Ons program is gedesentraliseerd en word by die onderskeie operasionele afdelings hanteer, met langtermyn- en formele inisiatiewe in plek wat gefokus is op die temas van onderwys en geletterdheid (gekoppel aan die amptelike skool-kurrikulum), sowel as voedselsekuriteit (voedingskemas en gemeenskapstuine) in onderbediende gemeenskappe landwyd. Hierdie programme is gekoppel aan ons personeelbestuurde #1000ActsOfKindness-program en Volunteers24, wat alle personeel jaarliks ​​drie dae betaalde verlof vir vrywilligerswerk toelaat. Ons doel is om organisasies anders as met geld te ondersteun (tyd en om persoonlik te help), daarom maak ons ​​ongelukkig geen kontantskenkings nie.

Borgskappe

Media24 as ‘n korporasie verskaf nie borgskappe vir geleenthede of projekte buite die bestek van ons bestaande sosiale impak-inisiatiewe wat hierbo genoem is nie, en ons as ‘n korporasie gaan ook nie mediavennootskapsooreenkomste namens ons handelsmerke aan nie.

Stuur versoeke vir ou eksemplare van tydskrifte vir liefdadigheidsgeleenthede en verwante fondsinsamelings na yumna.tofey@media24.com by die Leefstylafdeling. Neem asseblief kennis dat die grootste deel van ons tydskrifportefeulje nou tweemaandeliks gepubliseer word en nie meer maandeliks nie. Gevolglik is daar slegs klein hoeveelhede onverkoopte / ou eksemplare van tydskrifte vir skenkings beskikbaar. Versoeke word verwerk op ‘n eerste gehaal, eerste gemaal grondslag en is hoogs afhanklik van beskikbaarheid en die aard van die geleentheid/projek.

Net vir sake- of verwante korporatiewe navrae:

Rig asb alle algemene sake- en korporatiewe navrae aan info24@media24.com. Hierdie e-posadres is net in gebruik en bedoel vir sakeverwante kommunikasie.