
Media24 / Lifestyle TV HONEY
HONEY is die eerste Pan-Afrika-leefstylkanaal vir nuuskierige en meelewende Afrikane. Die kanaal sluit in skerp en spontane programme deur vervaardigers, aanbieders en deelnemers van Afrika. Die inhoud wissel van leefstyl, kos, kook, verhoudings en troues, asook werklikheidsprogramme van verskeie areas dwarsoor die vasteland. HONEY word op DSTV kanaal 173 uitgesaai en is beskikbaar vir DStv Compact-, Compact Plus-, en Premium-intekenare. Gesels met HONEY op Facebook, Instagran en Twitter by @honeyafricatv.