Loopbane

Media24 se innoverende mediaprodukte en -dienste op veelvuldige platforms word deur passievolle mense geskep om die lewens van ons klante wêreldwyd te verryk. Ons bied loopbaangeleenthede op ’n verskeidenheid gebiede, van joernalistiek, ontwerp, verkope, logistiek, sagteware-ontwikkeling en groot data tot modebeplanning en -aankope. By Media24 het jy die geleentheid om op van Suid-Afrika se geliefdste mediahandelsmerke en saam met die talentvolste mense in die bedryf te werk. Klik hier vir vakante poste of om op ons talent-databasis te registreer. Wanneer jy jou profiel skep, onthou om die skakel te stel sodat jy outomaties ’n boodskap ontvang sodra’n geleentheid op jou gebied opduik.

Geleenthede vir gegradueerdes

Aansoeke is nou oop vir Media24 se bekroonde Program vir Gegradueerdes wat in Januarie 2019 begin. Ons is op soek na mense met ’n graad in Inligtingstelsels of Besigheidsontleding wat graag in Media24 se snelgroeiende afdeling vir digitale uitgewery geplaas wil word op ’n 12 maand lange internskap in Kaapstad. As jy graag as ’n produkeienaar in rats tegniese spanne wil werk by handelsmerke met wye reik en invloed soos News24, het ons ’n plek vir jou. Dis die ideale manier om jou loopbaan af te skop.

Om vir hierdie program aansoek te doen klik hier. Of vir meer inligting oor die Program vir Gegradueerdes, like ons op Facebook by grad24.

Aansoeke sluit 28 September.