Rachel Jafta het die grade MEcon en PhD verwerf en is ’n professor in ekonomie aan die Universiteit Stellenbosch. Sy is ’n direkteur van Naspers en Econex en voorsitter van die Kaapstad Karnavaltrust. Sy het in 2003 as ’n direkteur by Naspers aangesluit en is in 2007 as ’n direkteur van Media24 aangestel. Sy is ’n lid van die Suid-Afrikaanse Ekonomievereniging en dien in die bestuurskomitee van die Buro vir Ekonomiese Ondersoek by die Universiteit Stellenbosch. Sy is sedert April 2013 voorsitter van Media24 se direksie. Sy dien sedert 2015 in die internasionale adviesraad van Fondação Dom Cabral se sakeskool in Brasilië.
Koos Bekker het die span gelei wat die betaaltelevisie-onderneming M-Net/MultiChoice in 1985 gestig het en was ook ’n stigter van die selfoongroep MTN. Koos het die MIH-groep in sy internasionale uitbreiding en toetrede tot die internet aangevoer tot in 1997, toe hy uitvoerende hoof van Naspers word. Hy het in 2014 uitgetree. Hy dien in die direksies van maatskappye in die wyer groep. In 2015 het hy nie-uitvoerende voorsitter van Naspers geword. Sy akademiese kwalifi kasies sluit BAHons en ’n eredoktorsgraad in handel van die Universiteit Stellenbosch, LLB van die Universiteit van die Witwatersrand en MBA van die Columbia-universiteit in New York in.
Khomotso Mthimunye het ’n BRations (soos BCompt destyds bekendgestaan het) van die Universiteit van Limpopo, BCompt (Hons) van Unisa en Hoër Diploma in Belastingwetgewing van die Universiteit van die Witwatersrand. Sy is ’n geoktrooieerde rekenmeester met meer as 20 jaar se ondervinding en ’n lid van die Onafhanklike Regulatoriese Raad vir Ouditeure, Suid-Afrikaanse Instituut vir Geoktrooieerde Rekenmeesters en Instituut van Direkteure in Suider-Afrika. Sy was ’n direkteur van verskeie genoteerde en privaat maatskappye, en het in die myn- en finansiële dienstebedryf gewerk vir onder meer Standard Korporatiewe en Aksepbank, Absa Bank en Gensec Bank.
Trevor Petersen is ’n geoktrooieerde rekenmeester met meer as 30 jaar se ondervinding. Hy het die graad BComHons (fi nansiële bestuur) aan die Universiteit van Kaapstad verwerf. Hy was ’n uitvoerende vennoot by PricewaterhouseCoopers Geïnk. en dien tans in die raad van Mediclinic International plc.
Minette Ferreira het ’n Nasionale Diploma in Joernalistiek, ’n MBA van Heriot-Watt Universiteit, en ’n sertifikaat in Ontwikkelingsafrigting van die Universiteit van Kaapstad se Nagraadse Bestuurskool. Sy het ook uitvoerende opleidingsprogramme deur die Harvard Business School, Wits se Sakeskool, die Universiteit van Stellenbosch se Sakeskool, die Poynter-instituut en die THNK School of Creative Leadership voltooi. Minette het vroeg in haar loopbaan as subredakteur by Daily Sun by Media24 aangesluit en kort daarna nuusredakteur van die destydse Sake24 geword. Sy het sedertdien verskeie senior bestuursrolle by Media24 beklee, onder meer as algemene bestuurder van Daily Sun, Engelse Nuus, Weekblaaie en Leefstyl, met Gemeenskapsnuus wat later deel van haar portefeulje geword het. Voor haar aanstelling as uitvoerende hoof van Media24 was Minette uitvoerende hoof van die Media-afdeling.
Raj Lalbahadur beskik oor 'n BComm-graad van Unisa. Hy het in 2007 as 'n senior finansiële bestuurder by Media24 aangesluit nadat hy poste beklee het in onder meer die petroleum- en papiervervaardigingsbedrywe, asook by die SAID (Suid-Afrikaanse Inkomstediens). Hy is in 2009 aangestel as hoof finansiële beampte van Media24 se Leefstyl-afdeling, het in 2015 as Media24 se hoof finansiële beampte waargeneem, en is in 2017 as hoofbestuurder van Leefstyl aangestel voordat hy in 2018 by die korporatiewe kantoor as groep-projekbestuursbeampte aangesluit het. Raj is op 1 Mei 2023 aangestel as Media24 se groep-HFB en direkteur verantwoordelik vir die finansiële funksie.