Media24 het die volgende dataprivaatheidselemente aangeneem.
Ons senior bestuur skerp die belangrikheid van dataprivaatheid en die rol daarvan in vertroue, handelsmerke, groei, risiko en regsnakoming by hul spanne in. Die uitvoerende hoof het ’n databeskermingshoof en ’n span individue aangewys wat verantwoordelik is vir databeskerming, bepaal waar hulle ten beste binne die organisasie geplaas kan word en het seker gemaak voldoende hulpbronne word aan die bestuur van privaatheidsprogramme toegewys.
Ons weet watter persoonlike inligting ons het of onder ons beheer is en vir watter doeleindes dit gebruik word. Ons ken ook die stelsels wat gebruik word om die persoonlike inligting te bestuur en bepaal die toegangsregte daartoe duidelik.
Ons het sekere beleidsdokumente aanvaar om die implementering van die privaatheidsbeginsels te ondersteun. Dit sluit ten minste die volgende in: ’n verbruikersprivaatheidsbeleid, ’n personeelprivaatheidsbeleid, ’n sekuriteitsbeleid en ’n reaksieplan vir dataoortredings of -voorvalle.
Ons bied privaatheidsopleiding (as deel van verwelkomingsprogramme en/of jaarlikse opleiding van werknemers) wat werknemers oor die verwante en relevante maatskappybeleid inlig, sowel as die beginsels van toepassing en hoe hul werksrolle deur dataprivaatheidsvereistes geraak word.
Waar die deel van persoonlike inligting oorweeg word, is ons voorbereid om (a) voornemende vennote deeglik te ondersoek om hul versoenbaarheid met die privaatheidsbeginsels en -beleidsmaatreëls te evalueer, (b) vertroulikheids- en/of dataver-werkingsooreenkomste te sluit om seker te maak hulle handhaaf die beskerming van gedeelde persoonlike inligting op ’n voldoende vlak , en om (c) verkopers te oudit aan die hand van risikogebaseerde kriteria.
Media24 se regsnakomingsbeampte ondersteun sakeondernemings deur te help dat toepaslike wette en hul spesifieke vereistes nagekom word.
Ons kan voldoening aan die privaatheidsbeginsels, die elemente van die dataprivaatheidsprogram en toepaslike databeskermingswette aantoon. Ons is ook voorbereid om oor bogenoemde aan die uitvoerende bestuur van Media24, interne ouditeurs, die direksie en direksiekomitees van Media24, of aan eksterne reguleringsowerhede, soos van toepassing, verslag te doen.
Heerengracht 40
Kaapstad
Suid-Afrika
Klik asseblief hier om ‘n versoek in te dien oor jou persoonlike inligting wat deur Media24 hanteer word.
Indien jy ontevrede is met ons oplossing van jou klag, het jy die reg om dit te verwys na die Inligtingsreguleerder wat die toesighoudende gesag is vir databeskermingsake in Suid-Afrika.
Algemene navrae: enquiries@inforegulator.co.za
Klagtes: PAIAComplaints@inforegulator.co.za
Klik hier om Media24 se handleiding vir die Wet op Bevordering van Toegang tot Inligting (PAIA) te lees.
© 2024 Media24 Alle regte voorbehou / Privaatheidsbeleid