Groepbeleid oor koekietoestemming

Welkom by ons koekiebeleid. Hierdie beleid funksioneer tesame en is deur verwysing deel van ons Privaatheidsbeleid.

Doel

Die doel van hierdie beleid is om te verduidelik wat koekies is, waarvoor ons hulle gebruik en hoe u koekies kan bestuur wanneer u van ons webtuistes gebruik maak.

Wat is koekies?

Koekies is klein tekslêers wat op u toestel geplaas word wanneer u ons webtuistes besoek. Hierdie lêers bevat geen persoonlike data nie, maar laat ons toe om u met ’n spesifieke toestel te vereenselwig. Baie webtuistes gebruik koekies en u kan meer hieroor uitvind by Alles Oor Koekies.

Hoekom gebruik ons koekies?

Koekies het verskeie nuttige funksies, insluitend:

  • Gee u toegang tot beperkte inhoud;
  • Laat ons toe om ons webwerf se funksionaliteit spesifiek volgens u behoeftes aan te pas deur u voorkeure, ligging of tipe toestel te onthou;
  • Verbeter ons webwerf se werkverrigting;
  • Help ons om te verstaan wie ons gehoor is sodat ons inhoud kan verskaf wat direk op u van van toepassing is;
  • Laat derdepartye toe om dienste vir ons webwerwe te skep;
  • Help ons om, waar geskik, belangstelling-gebaseerde advertensies te plaas in ooreenstemming met die toepaslike wetgewing.
Watter soort koekies gebruik one?

ns maak van verskillende soorte koekies gebruik op ons webwerwe. Sommige koekies word deur onsself geplaas, en ander deur derdepartye insluitend, maar nie beperk nie, tot verskaffers of adverteerders. Hierdie koekies kan op verskillende tye van u toestel verwyder word, soos byvoorbeeld aan die einde van ’n blaaisessie (wanneer u die werf verlaat) en na ’n voorafbepaalde tydperk, of kan op u toestel bly tot u dit self uitvee.

Ons maak gebruik van die volgende koekies:

Streng Noodsaaklik

Hierdie koekies is nodig sodat die webwerf kan funksioneer en kan nie in ons stelsels afgeskakel word nie. Dit is gewoonlik gestel om net te reageer op u handelinge, wat neerkom op ’n versoek vir dienste soos die stel van u privaatheidsvoorkeure, aanmelding of die invul van vorms.

U kan u blaaier stel om hierdie koekies te blokkeer of u daarop attent te maak, maar sekere dele van die werf sal dan moontlik nie werk nie.

Let wel: Hierdie koekies stoor nie inligting wat u persoonlik kan identifiseer nie.

Werkverrigting

Hierdie koekies stel ons in staat om besoeke en verkeersbronne te tel sodat ons die werkverrigting van ons werf kan meet en verbeter. Dit help ons om te weet watter bladsye die gewildste en watter die minste gewild is, en om te sien hoe besoekers op die werf rondbeweeg.

Al die inligting wat hierdie koekies versamel, is saamgevoeg en dus anoniem. Indien u nie hierdie koekies toelaat nie, sal ons nie weet wanneer u ons werf besoek het nie.

Toespits

Hierdie koekies word deur middel van ons webwerf deur ons reklamevennote gestel. Dit kan moontlik deur daardie maatskappye gebruik word om ’n profiel van u belangstellings saam te stel en vir u relevante advertensies op ander webwerwe te wys. Dit werk deur u blaaier en toestel uniek te identifiseer.

Let wel: Hierdie koekies stoor nie persoonlike inligting nie, maar werk deurdat dit u blaaier en internettoestel identifiseer. Indien u nie hierdie koekies toelaat nie, sal u nie ons toespitsreklame oor verskillende webwerwe sien nie.

Uitwissing van koekies

U internetblaaier aanvaar oor die algemeen outomaties koekies, maar u kan dit verhoed deur u stellings aan te pas. U kan koekies ook met die hand uitvee, maar let daarop dat al ons webwerwe koekies gebruik om optimaal te funksioneer en nie meer bruikbaar mag wees indien u koekies verwyder nie.Leer hoe om koekies uit te vee by Digitale Tendense.

Bywerking van hierdie beleid

Ons mag van tyd tot tyd veranderinge aan hierdie beleid aanbring. Wanneer ons wel wesentlike veranderinge aanbring, sal ons u inlig deur ’n prominente kennisgewing op ons webwerf of per e-pos.

Media24-hoofkantoor

Heerengracht 40
Kaapstad
Suid-Afrika

Klik asseblief hier om ‘n versoek in te dien oor jou persoonlike inligting wat deur Media24 hanteer word.

Indien jy nie tevrede is met die oplossing van jou versoek, is jy geregtig om dit te verwys na die Reguleerder vir die beskerming van persoonlike inligting in Suid-Afrika.

Algemene navrae: enquiries@inforegulator.org.za
Klagtes:
PAIAComplaints@inforegulator.org.za

Klik hier om Media24 se handleiding vir die Wet op Bevordering van Toegang tot Inligting (PAIA) te lees.